‘The Voice SA’-sterre skitter op Top-20

Soné Joubert en Tasché Burger (Foto: The Voice SA)

Soné Joubert, The Voice SA se naaswenner, betree vandeesweek vir die eerste keer die Top-20 met ’n splinternuwe enkelsnit, “Dis nie ek nie”. Die musiekvideo van dié liedjie wat op 5 Oktober vrygestel is, staan alreeds op meer as 13 000 trefslae.

Tasché Burger, wat dié kompetisie gewen het, is ook steeds op die lys met haar eerste enkelsnit, “Die een”, waarvan die musiekvideo verlede maand op Maroela Media bekendgestel is.

Robbie Wessels en Appel klim die week en neem die nommer 5-posisie in met “Staan saam”, terwyl Bok van Blerk se “Was” vir die tweede week op die nommer een-posisie bly.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar nege snitte wat styg en vyf wat daal. Daar is een nuwe lied wat die week se Top-20 betree en vyf wat onveranderd bly.

  1. Bok van Blerk – Was
  2. Ricus Nel ft Snotkop – Boerepompie
  3. Kurt Darren – Klein Saterdag
  4. Elandré – Die woorde uit jou mond
  5. Robbie Wessels & Appel – Staan saam
  6. JohnJames – Ek is meer werd
  7. Riana Nel – “Hou die hemel oop
  8. Leah – Kyk na my
  9. Janie Bay – “Amper daar
  10. Die Heuwels Fantasties – Jy stel my teleur
  11. Biggy – Dames
  12. Christia Visser – 17 Shots
  13. Willem Botha – Een shot
  14. Elandré – Tussen die lakens
  15. Ruhan du Toit – As jy dink jy weet
  16. Karen Zoid – Donker nag
  17. Robbie Wessels – Legendes
  18. Tasché – Die een
  19. Elvis Blue & Theuns Jordaan – Jou huis
  20. Soné – Dis nie ek nie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.