‘The Voice SA’-wenner stel enkelsnit vry

Richard Stirton, The Voice SA se eerste wenner wat op 21 Mei 2016 aangewys is (Foto: The Voice SA)

Richard Stirton het pas sy eerste enkelsnit vrygestel (Foto: The Voice SA)

Die wenner van die eerste seisoen van die The Voice SA-sangkompetisie, Richard Stirton, het pas sy eerste enkelsnit vrygestel.

Dié enkelsnit, “What tears me the most”, is die afgelope naweek vrygestel en het reeds die nommer een-posisie op die Suid-Afrikaanse iTunes-lys ingeneem.

Die sanger het reeds tydens sy deelname aan die kompetisie ʼn nommer-1 treffer gehad met sy weergawe van die bekende liedjie, “The sound of silence”.

Die sanger het hom tot Facebook gewend om sy dankbaarheid uit te spreek. “Ek kan nie vir enigiemand die wonderlike gevoel verduidelik nie,” het hy geskryf. “Dit is heeltemal anders om ʼn oorspronklike enkelsnit vry te stel, maar almal se reaksie maak my ongelooflik dankbaar.”

Richard het ʼn vol skedule met optredes wat binnekort landwyd plaasvind.

Vir meer inligting, besoek sy Facebook-blad. Laai die enkelsnit hier af.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.