‘The Voice’ se Tasché betree Top-20

Tasché Burger se eerste enkelsnit, “Die Een”. (Foto: Verskaf)

Tasché Burger, wenner van die derde seisoen van The Voice SA, het omtrent ’n suksesvolle debuut tot die Afrikaanse musiekbedryf gemaak met haar eerste enkelsnit, “Die een”.

Die liedjie is net ’n paar dae gelede bekendgestel, maar is reeds so baie op digitale platforms afgelaai en gestroom dat Tasché sommer klaar trots op die Maroela Media Afrikaanse Top-20 pryk. “Die een” beklee die 16de posisie op die Top-20.

Nog ’n nuwe toetrede tot die Top-20 dié week is die duo JohnJames wat die 19de plek inneem met hul eerste enkelsnit, “Ek is meer werd”. Hulle het die afgelope naweek hul debuut op die Krone 6-konsertverhoog gemaak.

Ricus Nel en Snotkop behou vir die agtste agtereenvolgende week die no. 1-posisie met hul immergewilde “Boerepompie”.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar sewe snitte wat styg, ses wat daal, vyf wat onveranderd bly en twee nuwe liedjies wat die week hul toetrede maak.

  1. Ricus Nel ft Snotkop – “Boerepompie”
  2. Elandré – “Tussen die lakens”
  3. Riana Nel – “Hou die hemel oop”
  4. Christia Visser – “17 Shots”
  5. Elandré – “Vuur op die water”
  6. Willem Botha – “Een shot”
  7. Janie Bay – “Amper daar”
  8. Dewald Wasserfall – “So sterk soos ’n vrou”
  9. Jo Black – “Bitter”
  10. Elvis Blue & Theuns Jordaan – “Jou huis”
  11. Theuns Jordaan – “Praat is te laat”
  12. Biggy – “Dames”
  13. Dewald Wasserfall – “Elektrisiteit”
  14. Demi Lee Moore – “Mis eet slaap herhaal”
  15. Robbie Wessels & Appel – “Staan saam”
  16. Tasche – “Die een”
  17. Jo Black – “Voel jy die genade”
  18. Dirk van der Westhuizen – “Lusmakertjie”
  19. JohnJames – “Ek is meer werd”
  20. Stella – “Skree”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.