Top-20: Luister na Franja, Christia se nuwe musiek

Franja du Plessis (Foto: Facebook via Franja du Plessis)

Die nimlike Franja du Plessis spog vandeesweek met nuwe musiek. Sy staan al jare lank op haar eie voete en is gewis nie oorskadu deur haar ma, Juanita du Plessis, se bekendheid nie. Franja du Plessis het self hard gewerk om haar plekkie in die Afrikaanse musiekbedryf te verdien. Die bewys hiervan is haar nuwe enkelsnit, “Bring dit”.

Franja erken sy wou al lankal ’n liedjie geskryf het waarop ʼn mens lekker kan dans. Die woorde “bring dit” is alombekend en Franja sê sy gebruik dit gereeld as haar vriende haar uitdaag. Haar nuwe album, Los jou hart, bestaan uit agt liedjies, sewe nuwe oorspronklike snitte uit haar eie pen en een “cover”. Loer gerus na haar album op digitale platforms.

Arno Jordaan trakteer ook sy aanhangers met ’n splinternuwe enkelsnit. “Vir jou geval”, geskryf deur Arno, Gerhard Steyn en Danny Smoke, is wat Gerhard ’n lekker “yskas-skuif-danstreffer” noem. Luister na die liedjie in Maroela Media se speellys hieronder.

Ander nuwe liedjies wat die afgelope week bekendgestel is, is Christia Visser se “Kaapse blou”, Arno Venter se “Sê my” en Emil Paul en Zanzi Africa se “Een keer”.

Luister hier na Maroela Media se speellys vir nuwe musiek op Spotify:

Vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20:

Irene-Louise van Wyk kraai steeds koning op die Top-20 danksy haar sterk posisie wat nog steeds onverander op stroomdienste is.

Christia en Franja se nuwe musiek betree die week se Top-20.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar ses snitte wat styg, vier wat daal, agt wat die week onveranderd bly en twee nuwe liedjies wat die week se treffersparade betree.

Hier is die speellys vandeesweek se Afrikaanse Top-20 op Spotify:

Top-20:

  1. Irene-Louise van Wyk – “Tekkies brand”
  2. Tasché – “Baby, ek bly”
  3. Riaan Benadé – “Vat ’n bietjie”
  4. Appel – “Dina ”
  5. Bernice West – “Hemel op aarde”
  6. Riaan Benade – “Spontaan”
  7. Appel – “Boerenooi”
  8. Rooksein – “Damlelielief”
  9. Kurt Darren – “Blok party”
  10. Steve Hofmeyr & Touch of Class – “’n Pa se hart”
  11. Reën – “Vrystaat vlaktes”
  12. Dirk van der Westhuizen – “’Roekeloos”
  13. Francois van Coke – “Ons het gewen”
  14. Elvis Blue – “Meer as genoeg”
  15. Brendan Peyper – “Warm nog op”
  16. Christia Visser – “Kaapse blou”
  17. Jan Jan Jan met Liezel Pieters – “Spyskaart”
  18. Spoegwolf – “Silwer”
  19. Franja du Plessis – “Bring dit”
  20. Georic Lomas – “Lentekind”

Kyk hier na Christia se musiekvideo van “Kaapse blou”:

  • Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data) asook radiospeel-tyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

koos10 ·

Franja is haar ma se ewebeeld!
Eers gedink dit is Juanita met ‘n goeie skoot photoshop op die foto.

Francois Le Cochon ·

Vinkel en koljander, die een klink soos die ander.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.