Top-20 maak plek vir Jan Jan Jan

Jan Jan Jan (Foto: Facebook)

Die mannegroep Jan Jan Jan betree vandeesweek die Maroela Media Afrikaanse Top-20 in die 19de plek met hulle nuwe enkelsnit, “Die RSA is in my DNA”.

Die liedjie is in samewerking met Solidariteit Helpende Hand en Boerboel Wear vir die Jou huis is hier-projek uitgereik.

Jan Jan Jan bestaan uit Mooi Jan (Dulan Emslie), Klein Jan (Heinrich Rautenbach) en Lang Jan (Riaan Venter).

Richann en René, die Boer soek ’n vrou-sangpaar wat sing onder die naam Reën, bly vir die tweede week in die no. 1-posisie met hul lied “Vrystaat vlaktes”. Hulle het self die lirieke vir die snit geskryf.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar ses snitte wat styg, sewe wat daal, ses liedjies wat onveranderd bly en een nuwe enkelsnit wat sy toetrede tot die Top-20 maak.

  1. Reën – “Vrystaat vlaktes”
  2. Riaan Benadé – “Spontaan”
  3. Elandré – “Binne & buite”
  4. Jo Black & Refentse –“Rig jou oë op na die berge”
  5. Elandré – “Dag en nag”
  6. Brendan Peyper – “Dik en dun”
  7. Bernice West – “Kom binne”
  8. Fatman – “Vuil Coke”
  9. Bernice West – “O kind”
  10. Riaan Benadé – “Gooi nog ʼn whiskey”
  11. Elandré – “Waar die wind my waai”
  12. Kurt Darren met Snotkop – “’n Dubbel vir die DJ”
  13. Bok van Blerk – “Dis wie ons is”
  14. Dewald Wasserfall – “Oorleef”
  15. Loufi – “Baas vannie plaas”
  16. Bernice West – “Sonop-blom”
  17. Rooksein – “Kyk na my hart”
  18. Verskeie kunstenaars – “Ons sal self”
  19. Jan Jan Jan – “’Die RSA is in my DNA”
  20. Liezel Pieters – “Plus Minus Maal Deel”

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnitvrystellings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data), asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Noels244 ·

Ek weet nie of ek meer van die liedjie hou of die jong manne wat dit sing nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.