Top-40 Afrikaanse liedjies van 2021

Irene-Louise van Wyk. (Foto: Jorietha Rabie)

In 2016 het 39,5% van Afrikaanse musiekverkope uit fisieke albumkopieë bestaan. Baie het egter oor die afgelope vyf jaar verander in terme van musiekverkope en in 2021 het meeste groot musiekwinkels, insluitend Musica, hul deure finaal gesluit.

Stromingsplatforms en die manier hoe Suid-Afrikaners musiek gebruik het uiteraard verander. Voor die digitale revolusie was dit redelik moeilik vir ’n onbekende kunstenaar om die bedryf te betree en van ʼn debuutalbum ’n topverkoper te maak. Daar is natuurlik uitsonderings, met verwysing na Jo Black se debuutalbum wat in 2016 uitgereik is.

Digitale platforms het dit vandag moontlik gemaak vir nuwe en bestaande kunstenaars om hulle merk te maak en om te baklei vir die topposisie op ’n stroomdiensplatform se trefferlys.

Wanneer daar verwys word na stromingsdienste dink jy dadelik aan platforms soos Apple Music, Spotify en Deezer, maar nuwe platforms soos TikTok en YouTube Shorts het ook ’n beduidende invloed op hoe musiek gebruik en gehoor word.

’n Goeie voorbeeld van hoe ’n kunstenaar suksesvol van dié platforms gebruik gemaak het, is Irene-Louise van Wyk met haar enkelsnit “Tekkies brand”.

“Tekkies brand” is in Julie 2021 op alle stromingsplatforms bekendgestel. Hoewel die lied nie sleg gevaar het op Apple Music se Afrikaanse treffersparade nie, was TikTok die platform wat hoofsaaklik tot die sukses van die liedjie bygedra het.

Dit was ook ’n baie goeie jaar vir Riaan Benadé. “Spontaan” en “Vat ’n bietjie” was twee van die liedjies wat vanjaar uitgestaan het.

Appel. (Foto: Theana Breugem)

Ten spyte daarvan dat Appel nie die no. 1-posisie op die lys gehaal het nie, kan sy gewildheid nie misgekyk word nie. Appel is beslis kunstenaar van die jaar op Maroela Media se Top-40 liedjies van 2021.

Appel het ’n gawe om altyd ’n treffer of drie te skryf en Afrikaanse musiekliefhebbers is getuie hiervan as jy na stromingsdata kyk. Hy het ook die meeste liedjies op die top-40-trefferslys van 2021.

Soos hierbo genoem het stromingsdienste die vermoë om selfs nuwe en opkomende kunstenaars die geleentheid te gee om hul gewildheid te wys. Een hiervan is die opkomende kunstenaar, Eloff, wat met die uitreiking van sy liedjie “Johnnie Blou” gou op die top-20 mees gestroomde liedjieslys op stromingsdienste was.

Demi Lee Moore het haar jongste vollengte album, Jy ken my naam, op 3 Desember uitgereik en van die liedjies in dié nuwe album is reeds onder die toptien van verskeie Afrikaanse stromingsdienste se trefferparades. “Kan jou nie my maak liefhê” is op die Maroela Media Top-40-liedjielys ingesluit. Soos dit tans lyk gaan 2022 ’n goeie jaar vir Demi Lee wees.

Ander kunstenaars wat vanjaar ’n klop op die skouer verdien is Bernice West, Loufi, Janie Bay, Early B, Reën, Christia Visser, Fatman en Tasché.

Hieronder is Maroela Media se Top-40 Afrikaanse liedjies, wat saamgestel is uit die weeklikse Maroela Media Afrikaanse Top-20.

  1. Irene-Louise van Wyk – “Tekkies brand”
  2. Riaan Benade – “Spontaan”
  3. Appel – “Dina”
  4. Riaan Benadé – “Vat ’n bietjie”
  5. Loufi – “Baas van die plaas”
  6. Appel – “Hardwerkende man”
  7. Bernice West – “Sonop blom”
  8. Elandré – “Binne en buite”
  9. Appel – “Hier sal jy boer”
  10. Appel – “Boerenooi”
  11. Reën – “Vrystaat vlaktes”
  12. Jan Jan Jan – “Die RSA is in my DNA”
  13. Christia Visser – “Beste leuen wen”
  14. Rooksein – “Damlelielief”
  15. Fatman – “Vuil Coke”
  16. Janie Bay met Majozi & Early B – “My lief”
  17. Riaan Benadé – “Gooi nog ’n whiskey”
  18. Steve Hofmeyer & Touch of Class – “’n Pa se hart”
  19. Spoegwolf – “Silwer”
  20. Tasché – “Baby, ek bly”
  21. Ricus Nel – “Ploeg jy”
  22. Die Heuwels Fantasties & Spoegwolf – “Eggo”
  23. Franja du Plessis – “Bring dit”
  24. Bok van Blerk – “Dis wie ons is”
  25. Jo Black & Refentse – “Rig jou oë na die berge”
  26. Demi Lee Moore – “Kan jou nie my maak liefhê”
  27. Bernice West – “Dink aan jou”
  28. Rooksein – “Kyk na my hart”
  29. Janie Bay & Danie Reënwolf – “Ek glo nog in jou”
  30. Bernice West – “Hemel op aarde”
  31. Ruhan du Toit – “Die mite”
  32. Eloff – “Johnny blou”
  33. Martin Bester – “Lilly”
  34. Brendan Peyper – “Warm nog op”
  35. Dirk van der Westhuizen – “Roekeloos”
  36. Kurt Darren – “Blok party”
  37. Ruan Josh – “Verlore”
  38. Liezel Pieters – “Plus minus maal deel”
  39. Francois van Coke – “Ons het gewen”
  40. Elvis Blue – “Goud in die vuur”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.