Trots Afrikaans Volume 5

Verskeie kunstenaars

Die mees gewildste radiotreffers van jou gunsteling Afrikaanse kunstenaars word op die splinternuwe Trots Afrikaans Volume 5 saamgevat.  Dit volg op die sukses van die vorige platinum verkoper albums in die reeks.  Van Suid-Afrika se top kunstenaars het saamgespan vir die album wat jou voete sal laat jeuk en ook aan die hartsnare sal roer. Trots Afrikaans Vol. 5 bevat 20 snitte van die immergewilde Steve Hofmeyr, Juanita du Plessis en selfs Dozi.  Bobby van Jaarsveld en Lika Berning het harte verower in die rolprent Liefling en hulle liedjie, My Lewe Draai Om Jou dra by tot die trefferalbum.  Bok van Blerk bewys Afrikaners het ‘n stem met My Kreet en Jay laat talle harte smelt met Is ek
nie die een
. (Coleske Artists)

 

Speellys

    1. Jay – Is Ek Nie Die Een
    2. Bobby Van Jaarsveld Ft.Lika Berning – My Lewe Draai Om Jou (Liefling)
    3. Bok Van Blerk – My Kreet
    4. Eden – So Klink ‘n Hart
    5. Juanita Du Plessis – Jou Volla
    6. Steve Hofmeyr – FM Stereo
    7. Gerhard Steyn – Pennies En Ponde
    8. Arno Jordaan – Gee My Liefde
    9. Bobby Van Jaarsveld – Lovesong Letter
    10. Vaughan Gardiner – Vir Jou
    11. Andriette – Smile Vir My
    12. Robbie Wessels – Sal Ek Ooit Weet
    13. Karlien Van Jaarsveld – Sonder Jou
    14. Riana Nel – Die Moeite Werd
    15. Afri-Talia – Kwart Oor Vyf
    16. Wasserfall – ‘n Duisend Jaar
    17. Dozi – Grassade
    18. Lianie May – Jy Soen My Nie Meer Nie
    19. Etienne Steyn – As Ek Eendag Oud Is
    20. Theuns Jordaan en Dr Victor – Wie se kind is jy?

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.