Twee nuwe treffers pronk op Top-20

‘n Skermskoot uit Dewald Wasserfall se nuwe musiekvideo “So sterk soos ‘n vrou”.

Dewald Wasserfall het net ʼn week gelede die musiekvideo van sy enkelsnit “So sterk soos ʼn vrou” bekendgestel en dié liedjie gaan eers begin Augustus uit na radiostasies toe. Maar danksy sosiale media was dit onder die top-10 mees afgelaaide liedjies op digitale verkoopplatforms en maak dus reeds dié week sy verskyning op die Maroela Media Afrikaanse Top-20.

Stella se nuwe enkelsnit, “Skree”, wat Vrydag eers op Maroela Media bekendgestel is, het ook ʼn plek op die Top-20 losgeslaan. Die sangeres het vroeër aan Maroela Media vertel toe sy dié sielvolle liedjie geskryf het, het sy teruggedink aan die tyd toe haar pa verongeluk en sy en haar man deur ʼn moeilike huweliksfase gegaan het.

“Ek onthou hoe leeg en seer daardie tyd was en ek is bly ek kon iets skryf om dit te verwoord. Ná jare voel dit asof ek kan erkenning gee daaraan en het dit vir my die laaste stukkie genesing bring,” het sy gesê.

Ricus Nel en Snotkop behou hul nommer 1-posisie vir die vyfde agtereenvolgende week met hul treffer “Boerepompie”.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar vyf snitte wat styg, sewe wat daal en ses wat onveranderd bly.

  1. Ricus Nel met Snotkop – “Boerepompie”
  2. Elandré – “Tussen die lakens”
  3. Riana Nel – “Hou die hemel oop”
  4. Elandré – “Vuur op die water”
  5. Elvis Blue & Theuns Jordaan – “Jou huis”
  6. Janie Bay – “Amper daar”
  7. Christia Visser – “17 Shots”
  8. Jo Black – “Bitter”
  9. Dewald Wasserfall – “Elektrisiteit”
  10. Demi Lee Moore – “Mis eet slaap herhaal”
  11. Theuns Jordaan – “Praat is te laat”
  12. Biggy – “Dames”
  13. Fatman – “SOS”
  14. Tarryn Lamb – “Geheueverlies”
  15. Jo Black – “Voel jy die genade”
  16. 4 Werke – “Bietjie meer van jou”
  17. Dewald Wasserfall – “So sterk soos ’n vrou”
  18. Juan Boucher – “Want jy weet”
  19. Early B met Jack Parow & Justin Vega – “Potte”
  20. Stella – “Skree”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.