Van Coke, Blohm maak buiging op Top-20

Francois van Coke en Jan Blohm. (Foto: Verskaf)

Die rockers Francois van Coke en Jan Blohm het kragte saamgesnoer om ʼn splinternuwe lied getiteld “Die toekoms” te skryf. Die liedjie is Vrydag uitgereik en maak sy buiging op die Maroela Media Afrikaanse Top-20 in die 19de plek.

“Die liedjie gaan oor hoe die wêreld tans lyk en oor hoe die wêreld in die toekoms kan lyk,” sê Van Coke.

“En dat dit nie altyd belowend lyk nie, maar ʼn mens moet aanhou probeer om die beste mens te wees vir die mense rondom jou.”

Bernice West bly vir eers weer in die no. 1-posisie.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar drie snitte wat styg, vier wat daal, 12 snitte wat onveranderd bly en een nuwe toetrede.

  1. Bernice West – “Sonop-blom”
  2. Christia Visser – “Kaal voor jou”
  3. Appel – “Nonna”
  4. Bernice West – “Die hart”
  5. Die Heuwels Fantasties met Ampie – “Ons moet leef”
  6. Elandré – “Die woorde uit jou mond”
  7. Karlien van Jaarsveld – “Ruil jou vir my”
  8. Loki Rothman – “Op my pad”
  9. Karen Zoid met Early B & Niel Sandilands – “Toe die wêreld stil gaan staan”
  10. Spoegwolf – “Heen en weer”
  11. Francois van Coke – “As ek kon”
  12. Juan Boucher – “Ons word een”
  13. Karen Zoid & Early B – “Deur druk”
  14. Elvis Blue – “Gee my net ʼn vriend”
  15. Appel – “F250”
  16. Laudo – “Ek kan nie wag”
  17. Brendan Peyper – “Lekkerder op my trekker”
  18. Leah – “Girls night”
  19. Francois van Coke met Jan Blohm – “Die toekoms”
  20. Ricus Nel met Snotkop – “Boerepompie”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.