Van Coke se lied vir dogtertjie op Top-20

Francois van Coke. (Foto: André Badenhorst)

Francois van Coke se liedjie, “As ek kon”, blyk die afgelope week baie gewild te wees op aanlyn stroomkanale. Dié snit, wat hy vir sy driejarige dogtertjie, Alex Lila, geskryf het, betree vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 in die 19de plek.

Die musiekvideo vir “As ek kon” is in Desember verlede jaar bekendgestel en het reeds sowat 175 000 trefslae op YouTube. Die snit verskyn in Van Coke se jongste solo-album, Dagdrome in suburbia, wat in Oktober verlede jaar uitgereik is.

Juanita du Plessis het haar nuwe album, Dis tyd, einde verlede maand bekendgestel. Die enkelsnit, “Dis tyd” wat ook die titel van die album is, betree vandeesweek se Top-20 in die no. 17-posisie.

“Nonna” is nog steeds die gewildste liedjie wat die afgelope week gestroom is. Dus bly Appel dié week weer in die gesogte no. 1-posisie.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar vyf snitte wat styg en 10 wat daal, drie wat onveranderd bly, asook twee nuwe enkelsnitte wat hul toetrede tot die Top-20 maak.

  1. Appel – “Nonna”
  2. Tarryn Lamb & Willem Botha – “ʼn Liefde soos die”
  3. Elandré – “Die woorde uit jou mond”
  4. Snotkop – “Pens & Pootjies”
  5. Brendan Peyper – “Sterk soos ʼn leeu”
  6. Refentse – “What a boytjie”
  7. Riana Nel – “Ewigheid”
  8. Brendan Peyper, Elandré, Refentse & Christia Visser – “Ons maak saak”
  9. Ricus Nel met Snotkop – “Boerepompie”
  10. Karlien van Jaarsveld – “Stiltes”
  11. Biggy – “Dames”
  12. Kurt Darren – “Party tyd”
  13. Bok van Blerk – “Een”
  14. Spoegwolf – “Seile”
  15. Juanita du Plessis – “Maak dit los!”
  16. Riana Nel – “Sterker”
  17. Juanita du Plessis – “Dis tyd”
  18. Elvis Blue met Snotkop – “Langpad alleen pad”
  19. Francois van Coke – “As ek kon”
  20. Bobby van Jaarsveld & Demi Lee Moore – “Ek weet al lankal”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.