Van Coke se nuutste betree Top-20

Francois het ook plate vir die album ‘Dagdrome in suburbia’ uitgebring (Foto: Instagram)

Francois van Coke se derde album, Dagdrome in suburbia, is onlangs bekendgestel. Die liedjie met dieselfde naam, wat hy saam Spoegwolf sing, betree vandeesweek se Top-20 op nr. 19.

Van Coke het vroeër aan Maroela Media vertel dat dié album gaan oor hoe hy as jongmens sin gemaak het van sy lewe.

“Die album gaan oor hoe dit is om in suburbia te woon. ‘Dagdrome in suburbia’ verwys na hoe ek gevoel het toe ek ʼn kind was. Ek het in suburbia, in Bellville, die noordelike voorstede van Kaapstad, grootgeword. En ek het gedroom van iets anders en meer as net die gewone, vervelige lewe. Ek het gedroom ek wou uitkom daar.

“Die album het ʼn konneksie tussen my ou lewe in suburbia en my lewe nou weer nadat ek teruggetrek het saam met my familie,” sê Francois.

Ruhan du Toit, voorheen van Touch of Class, bly vir die tweede week in die nommer een‑posisie met sy debuut enkelsnit as solo-kunstenaar, “As jy dink jy weet”.

En, wat eintlik ’n Twitter-grap was, is nou die nuutste Afrikaanse sanggroep. Dis natuurlik hoe Jan Jan Jan ontstaan het. Hul eerste enkelsnit, “Wys jou vleis”, is vandeesweek 20ste op dié lys.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar vyf snitte wat styg, ses wat daal, drie nuwe liedjies wat die week se Top-20 betree en ses wat onveranderd bly.

  1. Ruhan du Toit – “As jy dink jy weet”
  2. Ricus Nel ft Snotkop – “Boerepompie”
  3. Bok van Blerk – “Was”
  4. Kurt Darren – “Klein Saterdag”
  5. Die Heuwels Fantasties – “Jy stel my teleur”
  6. Riana Nel – “Hou die hemel oop”
  7. Elandré – “Die woorde uit jou mond”
  8. Robbie Wessels & Appel – “Staan saam”
  9. JohnJames – “Ek is meer werd”
  10. Robbie Wessels – “Legendes”
  11. Elvis Blue – “Beloofde land”
  12. Leah – “Kyk na my”
  13. Tasche – “Die een”
  14. Biggy – “Dames”
  15. Janie Bay – “Amper daar”
  16. Posduif – “Laat val die water”
  17. Christia Visser – “17 Shots”
  18. Jan Bloukaas ft Early B & Biggy – “Dans”
  19. Francois van Coke ft Spoegwolf – “Dagdrome in suburbia”
  20. Jan Jan Jan – “Wys jou vleis”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.