Vaughan Gardiner reik nuwe CD uit

Vaughan Gardiner. Foto: Verskaf

Vaughan Gardiner. Foto: Verskaf

Met trefferliedjies soos “Gooi jou arms om my”, “Vir Jou” en “Hoe wys ‘n man sy hart”, het Vaughan Gardiner homself reeds as gevestigde musikant, liedjieskrywer, sanger, akteur en vervaardiger bewys.

Vaughan se tweede enkelsnit, Sit vanaand op herhaal, van sy splinternuwe album met dieselfde titel, is pas uitgereik.  Die liedjie pryk al vir meer as agttien weke bo-aan trefferparades van verskeie radiostatsies.

Die liedjie Sit vanaand op herhaal vertel die storie van daardie een perfekte aand wat ‘n mens eenmaal in ‘n leeftyd beleef. Met sy voetejeukritme wat perfek is vir die dansbaan, vertel die enkelsnit van ‘n aand waar ‘n man sy hart verloor op ‘n meisie wat skielik elke liefdeslied se woorde laat sin maak en al wat hy wens is dat hierdie aand, wat soos ‘n fliek verloop het, net herhaal moet word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.