Verganklik en Afhanklik

Glaskas

Glaskas

GLASKAS, die Afrikaanse rockstars se vierde studio album, VERGANKLIK EN AFHANKLIK is pas vrygestel. Die album is gedurende April – Mei 2012 in Lightstain Studios in Potchefstroom opgeneem. Ewald Jansen van Rensburg en Francois de Klerk van Lightstain staan pa as vervaardiger van die album terwyl Rogan Kelsey van Lapdust die mastering van die album behartig.

“VERGANKLIK EN AFHANKLIK verwys na die deel van ons menslike natuur wat altyd veg om onthou te word en om uit te staan, maar ons kan nie help om te ontken dat ons afhanklik is van ander en ander goed vir ons eie bestaan en ‘onthouwaardigheid’.”

Twee jaar sedert die vrystelling van hul laaste album, het GLASKAS klaarblyklik musikaal gegroei en het hul persoonlike ervaringe en inspirasie in die kern van die nuwe album ingeploeg. Die album verken temas waar alles se tydelike aard as ‘n geleentheid van ‘n nuwe begin genader word, hetsy dit verhoudings, drome en ideale of lewens is wat kom en gaan.

“Ek was meer op my gemak met die skryf van hierdie album. Met die vorige een, wat ons derde album was, het ek nogal baie druk ervaar om dit te maak werk, waar hierdie keer het ek net besluit om te skryf sonder om te hard te probeer of te veel daaroor te dink, maar meer te gaan met wat ek voel. Dit was ons eerste keer wat ons saam met Ewald en Francois gewerk het, maar hulle het ons baie gehelp om ‘n nuwe “sound” vir Glaskas te ontwikkel. Ons wou ‘n meer “uptempo” en musikaal opwindende klank vorm, en dit was wat geskep is. Nog ‘n eerste op hierdie album is dat ons een van Johannes Kerkorrel liedere opgeneem het.” – Deon Meiring.

GLASKAS se liedjieskrywer, Deon Meiring, sê dat van die nuwe liedjies al ‘n hele ruk terug geskryf is. Hy het besluit om hulle weer na te gaan en te verwerk aangesien dit gereeld in sy gedagtes gedwaal het en het ‘n nuwe, onverwagte betekenis aan die dinge kon heg wat hy op daardie stadium moes hanteer. Sommige van die liedjies, soos die eerste enkelsnit, MENSLIK, dateer tot ongeveer 9 jaar gelede terwyl die ander liedjies baie onlangs geskryf is, selfs toe hul al besig was met pre-produksie op die album. Deon glo dat dit die mees omvattende manier is waarop GLASKAS al ooit met vorige liedjies omgegaan het, voordat dit op ‘n album gesit is.

“Ons is baie opgewonde om uiteindelik na twee jaar die nuwe album vry te stel, veral omdat ons tevrede is met die eindresultaat van ons werk, en ons kan nie wag om dit met ander te deel nie.”

VERGANKLIK EN AFHANKLIK:
1. Wegbreek (ft. HemelBesem)
2. Menslik
3. Hoe Meer ek voel
4. Kom ons begin
5. 27
6. Kwesbaar
7. Om te glo
8. Eilande
9. Revolusie
10. Ruimtereisiger
11. Soos ‘n gebed

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.