Verskyn in Maroela se musiekvideo!

Dans lekker saam op ons Plattelanders-liedjie!

Skop uit jou vellies, maak jouself tuis
Koffie in die hand – jy’s by die huis…

As mens lekker saamkuier, is ʼn bietjie musiek in die agtergrond mos darem ʼn noodsaaklikheid. Maroela Media het in 2019 ons eie liedjie, “Plattelanders” vrygestel, en nou is jou kans om in die musiekvideo van dié lekker liedjie te verskyn!

Al wat jy hoef te doen is om die “Plattelanders”-liedjie hier onder af te laai (vul bloot die vorm in, en die liedjie sal per e-pos aan jou gestuur word) en stuur dan jou video per WhatsApp vir ons aan.

Stuur die video per WhatsApp aan 072 346 8774 en wys ons hoe lekker julle saam met ons dans!

Skermgrepe uit dié video’s sal dan saamgevoeg word om uiteindelik ʼn musiekvideo van Plattelanders op Maroela Media vry te stel.

Dis mos lekker, Maroela!

Loer gerus na hierdie video’s om te sien hoe lekker van ons lesers reeds saam met ons dans:





Laai die liedjie af:

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Bepalings en voorwaardes:

  • As jy jou video vir ons op WhatsApp aanstuur, gee jy toestemming dat ons skermgrepe uit jou video mag gebruik in ons musiekvideo.
  • Jy gee ook toestemming dat ons musiekvideo op Maroela Media en op al ons sosialemediakanale versprei mag word.
  • Jy gee dus toestemming dat die persone, wat in die video verskyn, se gesigte in ons musiekvideo vertoon word.
  • Jy kan nie enige finansiële vergoeding of enige ander vergoeding verwag indien ons skermgrepe uit jou video gebruik nie.
  • Deur jou video in te stuur is nie ʼn waarborg dat skermgrepe uit jou video beslis in Maroela se finale musiekvideo gebruik gaan word nie.
  • Maroela Media behou die reg voor om die musiekvideo en skermgrepe uit lesers se video’s te redigeer na goeddunke.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.