Verskyn op Bok van Blerk se nuwe DVD

Bok van Blerk (Foto: Facebook via Bok van Blerk)

Bok van Blerk (Foto: Facebook via Bok van Blerk)

Die sanger Bok van Blerk vier vanjaar tien jaar in die Afrikaanse musiekbedryf en skop binnekort ʼn landwye toer af om dié mylpaal te vier. Aanhangers wat twee eksklusiewe konserte van dié sanger op toer bywoon, gaan ook die geleentheid kry om op sy nuwe DVD te verskyn.

Die toer, “Van De la Rey tot nou”, word later vanjaar in DVD en CD-formaat vrygestel.

Dié nuwe album sal bestaan uit ʼn versameling van al sy grootste treffers en vier nuwe liedjies.

Hy beplan ook om ʼn nuwe reeks handelsware en items by sy aanlynwinkel bekend te stel.

Die twee konserte word onderskeidelik op 8 en 9 September by Weiveld in Lynwood, Pretoria, gehou. Die deure open om 19:00. Kaartjies kos R120 per persoon op 8 September en R150 op 9 September.

Kaartjies is beskikbaar op iTickets.

As jy wil hê Bok en sy band moet met die “Van De la Rey tot nou”-toer in jou dorp kom optree, stuur ʼn e-pos na [email protected].

Besoek ook Bok van Blerk se webwerf vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.