[Video] 17-jarige seun sing nes Elvis

David-Thibault

Foto: Facebook

David Thibault (17) ʼn Franssprekende jong man van Saint Raymond, Quebec, verstom Elvis-aanhangers met sy weergawe van “Blue Christmas”.

Dié jong seun het in 2013 bekendheid verwerf toe ʼn plaaslike radiostasie ʼn video van sy optrede op Youtube gelaai het. David het ook aan die Franse weergawe van “The Voice” deelgeneem en daar die finaal gehaal. Hy het ook laasjaar ʼn draai op The Ellen Degeneres Show gemaak.

David sê sy liefde vir Elvis het by sy oupa begin en hoewel hy presies soos die “koning” klink, kan hy meer as net Elvis liedjies sing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.