Video: ‘Afrikaans nog nooit só groot,’ sê sterre

Steve Hofmeyr en Juanita du Plessis (Foto: Afrikaans is Groot)

Die Gautengse aflewering van die “Afrikaans is groot”-konsertreeks is pas voltooi en konsertgangers is dit eens: Afrikaans was nog nooit só groot nie.

Brendon Hargroves, uitvoerende vervaardiger van “Afrikaans is groot”, sê meer as 80 000 mense het dié konsertreeks in Gauteng bygewoon, wat sonder twyfel ʼn aanduiding is dat “Afrikaans is groot” die grootste musiekproduksie in die land is.

“Die 2017 ‘Afrikaans is groot’-verhoog is tans besig om afgebreek te word. Hier en daar is nog ʼn bewys van die grootste konsert in die land en die meer as 80 000 mense wat Afrikaanse musiek gevier het. Baie dankie aan elke kunstenaar, borg en jý – ons getroue ondersteuner,” het “Afrikaans is groot” op sy amptelike Facebook-blad laat hoor.

Theuns Jordaan (Foto: Afrikaans is Groot)

Die konsert is egter nog nie heeltemal verby nie. Wes-Kaapse aanhangers van dié konsertreeks kan uitsien twee aanbiedings wat volgende jaar in Kaapstad gehou gaan word. Die konserte word volgende jaar op 16 en 17 Maart by die Grand West Casino gehou. Kaartjieverkope het 23 November geopen. Konsertgangers sal egter moet spring, aangesien sommige vertonings op dié datums reeds uitverkoop is.

Die “Afrikaans is groot”-handelsmerk het in Oktober vanjaar sy tiende verjaardag gevier. As deel van die feesviering het “Afrikaans is groot” ook sy tiende Afrikaans is groot-album, propvol treffersnitte, bekendgestel.

Maroela Media het agter die skerms met bekendes soos Steve Hofmeyr en Corlea gesels oor die gees by vanjaar se Gauteng-konserte en dié bekendes gevra waarom Afrikaans na hul mening “só groot” is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Hardus ·

Afrikaans is big
Just looking at the growth of this little language by this little minority group the past 10 decades, on the southern tip of Africa, makes it an unbelievable language with beautiful people. Just looking at the new Miss Universe titel by an Afrikaans lady makes it so more special. Youtube channels where people of all races flavours and stations across the world trying to speak Afrikaans is nothing but awesome. Afrikaans movies in Ster Kinekor almost every month. Music of World class. Afrikaans of Monaco Damon Leanordo Da Caprico have played Afrikaner men. Charlize that spoke in Afrikaans. Niel Sandilands and Kim Engelbrecht performing in World series like the Flash. Surely we can grow even bigger if we are able to keep our institutions Afrikaans. Afrikaans is not big..its HUGE

Carel ·

Dankie aan almal wat dit help fantasties maak het. Dit was regtig wêreld klas

Sjoe ·

Ek raak nou moeg vir dieselfde kunstenaars en dieselfde liedjies elke jaar. Ons het so baie meer “groot” talent maar hul gebruik net uitgesoektes, hoekom weet ek nie. Gebruik bietjie nuwe talent, miskien nie soveel cd’s verkoop of nog geen cd gemaak nie maar maggies is dit nie tyd vir blootstelling en vernuwing nie. Ja sit “groot” kunstenaars op by maar nie altyd dieselfde ou garde nie.

Louise ·

STEM!!! Ek reeds ook al gesê Juanita raak nou regtig afgesaag – jaar na jaar na jaar… Liezel Pieters is ‘n amazing sangeres en sy moes op die agtergrond staan en backtrack vir Steve?! Hoe werk dit??? Gee die nuwe Afrikaanse Sangers ‘n kans! Karlien, Juanita, Jay & Lianie raak nou afgesaag met hulle selfde ou liedjies waarop hulle die heeltyd terugval… Haal die oues uit vir ‘n ruk (soos met Laurika) en bring hulle dan terug na ‘n paar jaar met ‘n BANG!

Johan ·

Dit wil voorkom of jy nie by vanjaar se vertonings was nie.Want vanjaar was daar die meerderheid nuwe liedjies gesing en baie nuwe kunstenaars wat baie verhoogtyd geniet het.Dit was eenvoudig asemrowend en verseker van hoogstaande gehalte.Dis jammer dat jy dit beskou as so sleg want ek dink vanjaar se vertonings het n baie hoe standaard gestel.Dalk moet jy volgende jaar bespreek en self gaan beleef hoe Groot Afrikaans is.Of dalk nie dan kan ons wat graag daar wil wees kaartjies kry.Alle lof aan AIG 2017.Ek kan nie wag vir die DVD nie.Gaan hom verseker stukkend kyk.

Louise ·

Uhm…? Wie was die “meerderheid” nuwe kunstenaars??? Ek was daar en volgens my was dit klomp “oldies” waarvan net ‘n paar nuwe liedjies gesing het? Moet nie ‘n fout maak nie – dit was ‘n amazing show, maar van die GROOT sterre se liggies raak regtig nou bietjie flou. Soos my comment bo het Liezel Pieters GEEN verhoogtyd van haar eie geniet nie en sy het amazing liedjies!!! Monique & Ruhan was ook baie goed!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.