Maroela Media is die amptelike mediavennoot van Afrikaans is Groot 2019, en daarom het hulle vir ons ʼn kykie agter die skerms van dié konsert gegee.
Kyk hier waar die sangers se grimering gedoen word, waar hul uitrustings gemaak word en wie weet? Dalk loop ons ʼn paar bekende gesigte raak!
Afrikaans is Groot 2019 vind 22 November tot 1 Desember by die Sun Arena by Time Square in Pretoria plaas. Besoek gerus Computicket, aanlyn of Shoprite/Checkers en House & Home-winkels vir kaartjies. Die publiek word gewaarsku om versigtig te wees vir derde partye wat kaartjies aanbied.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
9 Kommentare
My laaste AIG na 9 jaar wat ons nie een gemis het nie. As Steve nie welkom is by Sun Arena nie is ons ook nie welkom nie. Dis n saak van prinsiep
Dankie vir die voorskou van Afrikaans is Groot, Maroela …. Staatmakers julle. Sun Arena is groot en nog tente ook, julle is puik!
Hierdie is die 1e jaar wat ons AIG gaan kyk. Ek sien ongelooflik baie uit daarna
Ai ek sou tog so graag dit ook wou bywoon.
Baie baie dankie aan Maroela Media vir ons eerste AIG kaartjies. Die aand was onvergeetlik. Julle is fantasties!!