[Video] Agter die skerms van Steve se ‘Feeslied’

Steve Hofmeyr (Foto: Facebook/Steve Hofmeyr)

Steve Hofmeyr se jongste album is skaars bekend gestel of dit pronk op treffersparades landwyd.

Die sanger het hom onlangs tot sosiale media gewend om aanhangers te bedank vir hul ondersteuning met dié album.

“Daar hoop my skuld weer by jou [die aanhanger] op. My album is goud voor hy die winkels bereik. Dit het lanklaas gebeur – dankie duisend. Ek’s só in my noppies oor Skree se ontvangs. Ek kon dit toets in Bloemfontein, Kraaifontein en Clanwilliam waar daar elke aand gou ʼn yslike tekort was. Die nuwe konsert het sommer baie meer energie, minder praatjies en pragtige prentjies agter my,” het hy laat hoor.

Die sanger het Maandag ʼn agter-die-skerms-kykie van die liedjie “Feeslied”, die jongste enkelsnit vanaf die nuwe album, op sosiale media gedeel. Hofmeyr het Sefako Makgatho-rylaan (voorheen Zambesi) vroeër in Oktober tot stilstand gebring toe hy die musiekvideo vir dié liedjie in spitsverkeer binne ʼn paar uur geskiet het. Die video vir dié liedjie is vandeesweek al bykans een miljoen keer gekyk.

Skree is vroeër vandeesmaand met ʼn toekenning bekroon nadat dit goue status behaal het nog voor dit in winkels bekend gestel is.

Die sanger het die afgelope naweek ook ʼn foto op Twitter gedeel waar sy album oënskynlik die nr. 1-verkoper is.

Skree is die sanger se 30ste album. Sy nuutste boek, Die onaantasbares, is ook nou op Amazon te koop.

FEESLIED – Agter die Skerms

Dankie elkeen hier. Dit lyk of my nuwe cd SKREE sommer reguit boontoe is op treffersparades landwyd. Dit sal 'n dwarssteek in 'n paar kroppe wees. Ek weet jy kry so lekker soos ek.Hier is hoe FEESLIED gebeur het. 'n Kort "agter die skerms" video. *En hier dan kliekplekke vir kortpaaie na interessante plekke toe:1. Die FEESLIED video self: https://goo.gl/ERkXMQ2. My laataand gesprek metStefan Molyneux oor die verval van Suid Afrika: https://youtu.be/rASKrisLXS4 of https://goo.gl/q4Uxnp (Of sit ons twee se name in You Tube)3. Wil jy my nuwe album, SKREE, eerste hoor wanneer dit aan die einde van Oktober elektronies bekendgestel word?Laai die JOOX app af en gebruik my kode, Steve, om oor 8 dae VIP-toegang te kry vir SKREE , asook vele van my ander musiek gratis. Laai vandag JOOX af in die App Store of Google Play Store.4. Die Onaantasbares (die boek) kan nou hier afgelaai word: https://goo.gl/w2QWLu*Daai uitgereënde konsert van 30 September in Carltonville by Funtastic farm is geherskeduleer na 2 Maart 2018. Ek is bly. Bel hier 0824869030.*Dankie Ford Mosselbaai en die Oubaai Hotel asook Jemimas en die pragtige Bright House gastehuis in Oudtshoorn. Hierdie was my toetsweek vir SKREE en ek dink dit gaan die beste toer ooit wees.*Hierdie week is ek in Warmbad, Welkom en Hazeldean, Pta.

Posted by Steve Hofmeyr on Sunday, October 22, 2017

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.