[Video] Amerikaanse sangeres maak opslae met Afrikaanse liedjie

Camille van Niekerk (Foto: Facebook)

ʼn Amerikaanse sangeres van die deelstaat Kalifornië maak opslae op sosiale media met haar weergawe van Valiant Swart se liedjie “Sonvanger”.

Camille van Niekerk het aan aanhangers op Facebook gesê sy het dié liedjie opgeneem as deel van die proses om Afrikaans te leer.

Van Niekerk, wat met ʼn Suid-Afrikaanse man getroud is, sê op haar webwerf sy het ʼn passie daarvoor om die “mooiheid en genot” van musiek met ander te deel.

Sy en haar man, Jaco, wat van Nigel aan die Oos-Rand afkomstig is, woon in die kusdorpie Ventura. Hulle het in 2014 die knoop deurgehaak.

“Hierdie een is vir die Suid-Afrikaners,” het sy op Facebook gesê. “Ek leer tans Afrikaans – en een van my gunstelingmaniere om te leer, is deur middel van musiek.”

Van Niekerk het gesê dié liedjie is opgedra en geïnspireer deur die sanger Refentse wat ook voorheen vertel het dat hy Afrikaans geleer het deur middel van musiek.

Sosialemediagebruikers is gaande oor haar weergawe van dié liedjie. “Goeie uitspraak! Pragtig!” het Elize Nienaber op Facebook laat hoor. “Trots op jou. Jy mag maar nog liedjies vir ons sing. Pragtig,” het Annalize Taylor geskryf.

Die video is teen Donderdagoggend bykans 5500 keer op sosiale media gedeel.

American singing in Afrikaans: Sonvanger

This one's for the South Africans! I'm American, but my husband is South African. I'm learning Afrikaans, and one of my favorite ways to learn is through music. If you enjoy this, please LIKE, SHARE, and COMMENT with requests!BAIE DANKIE EN LIEFDE VIR ALMAL! Original: Valiant SwartGeïnspireer deur Refentse- Camille <3Youtube: https://goo.gl/hsuQz2Website: camillevanniekerk.com

Posted by Camille van Niekerk on Friday, November 17, 2017

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Ester ·

PRAGTIG!! DANKIE dat daar iemand oorsee is wat Afrikaans wil leer. Kyk ek neem niemand kwalik wat ons land verlaat nie, maar asb hou ons taal lewendig. Leer julle kinders afrikaans, dis die mooiste taal met uitdrukkings wat mens nie in enige ander taal kry nie.

Gwen ·

Pragtige stem en ’n professionele opname. Baie mooi. Die interessante Amerikaans-Afrikaanse aksent het my egter opgeval (nie dat dit erg afbreuk aan die musiek doen nie).

Piet Snot ·

Gwen, ek vind dit interessant dat van my vriende wie se kinders in die buiteland grootgeword het, goeie Afrikaans praat met ‘n swaar Amerikaanse aksent.
Te pragtig om na te luister.

Francois ·

Afrikaans….mooiste mooiste taal!!! Ek werk in die Midde-Ooste en is lang rukie weg van die huis af. Met die luister van die weergawe van Sonvanger kry ek skoon trane in my oë van pure plesier en verlange na huis en haard.
Dit laat my ook hartseer voel dat ‘n Amerikaanse meisie ‘n passie het om Afrikaans aan te leer (wel omdat sy met ‘n Afrikaanssprekende man getroud is) terwyl soveel mense in Suid-Afrika ons moedertaal vertrap en afwater met die alewige Engelse woordgebruik tussenin, veral die jongklomp.
Dit terwyl ons voorgangers hulle lewens gegee het om Afrikaans van “kombuistaal status” tot volwaardige moedertaal erken te kry.

Stephen Namibia ·

Francois ek stem heelhartig saam met jou. Ek is Engelssprekend maar ook n taal puris.
Die groot sondebok wat Afrikaans opmors is die Kyknet kanale met hulle “shows” en “celebrities” Dit is mos “cool” om al die Engelse insetsels te gebruik.

Kom Kyknet. Baie van julle prograame word deur die jeug gekyk en watse voorbeeld stel julle??

Jaco ·

Dit is deel van taal ewolusie, as dit nie daarvoor was nie het ons almal vandag nog nederlands gepraat in Suid Afrika en was daar nie iets soos mooie afrikaans nie ;-)

Adri ·

Pragtig. Sy sing dit mooier as Valiant! Behalwe vir baie goeie uitspraak, is dit so vol emosie dat dit voorkom of sy verstaan en bedoel wat sy sing.

madels ·

Soo soo pragtig! Ons het darem die mooiste taal en sy sing die liedjie soo mooi, aksent en al. Dis baie moeilik vir Amerikaners om Afrikaans te praat, so sy is uitstekend goed!

Helena ·

Afrikaans – die mooiste taal op aarde.
Dankie. Pragtige kind wat ons taal lewend hou – sy kan maar.

Amanda Owen ·

Een van my gunsteling liedjies & jy sing dit uitstekend!!! Sing vir ons meer!!!!

Morne ·

I’m also one of those Afrikaans speaking South Africans that “escaped” to live overseas. My wife and I now live in Spain. So glad to see hear our beautiful language in the USA ! Well done Camille !! You do the song with a great accent !! You’re going to speak Afrikaans real soon. Ons is ook net 4 Afrikaners hier in Spanje waar ons woon, maar glo my ons laat waai met die braai en Afrikaans LOL !!!!

bgj van der westhuizen ·

wel vir n persoon wat wat nie Afrikaans op skool gehat het nie en engelssprekend is is dit baie goed gedeon en as sy n cd uit bring sal hy baie goed verkoop in usa wand daar bly baie suid afrikaners en sal hier ook gekoop word en sy is baie beter as die egelsprekends wat n die laaste 20 jaar Afrikaans op skool gehat het en kan jou nie eers more in Afrikaans se nie

Olivier Henning ·

Sy laat my dink aan die internasionaal bekende en geliefde Jim Reeves wat net so mooi liedjies in Afrikaans gesing het.

Odiel Zwaenepoel ·

Ik krijg er kippevel (hoendervleis ?) van, hier in Vlaanderen. Wat een prachtige stem en dan dat Afrikaans, nauw verwant aan ons Nederlands! Proficiat Camille!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.