Video: Andrea Bocelli en seun se duet roer die hartsnare

Andrea en Matteo Bocelli (Skermgreep uit die video)

Andrea Bocelli is wêreldwyd een van die bekendste name in musiekkringe en dit wil voorkom of sy seun Matteo dié talent geërf het. Die twee het vir die eerste keer ʼn duet saam opgeneem en dit is ʼn vertoonstuk van hul hegte verhouding as pa en seun.

Die Bocelli’s roer beslis aanhangers se hartsnare met die video “Fall on Me” wat Andrea op sy 60ste verjaarsdag op 22 September 2018 op sy amptelike YouTube-kanaal gedeel het.

ʼn Paar intieme familiefoto’s van Matteo se kinderjare vorm deel van die beeldmateriaal in die musiekvideo waar Andrea en Matteo in Engels en Italiaans sing. Matteo vier in Oktober vanjaar sy 21ste verjaarsdag. Die twee het ʼn paar liedjies saam opgeneem vir Andrea se nuwe album, “Si”.

“Fall on Me” sal ook as klankbaan gebruik word tydens die laaste rolverdeling van die nuwe Disney-fliek, The Nutcracker and the Four Realms.

“Enigiemand wat ʼn ouer is, enigiemand wat weet wat die kosbare verantwoordelikheid is om ʼn ma of ʼn pa te wees, sal die volle betekenis van dié stuk verstaan,” het Andrea gesê. “‘Fall on Me’ is die eerste duet saam met my seun Matteo Bocelli.”

Klik hier as die video nie direk in jou webblaaier speel nie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Magda ·

WOW!! wat n ongelooflike musiekstuk- ek het al Andrea se cd’s sedert Sarah Brightmann hom ontdek het.

Wens Coetzer ·

As ek op die skakel klik dan kom ‘n boodskap op wat sê die video is nie beskikbaar nie?

Yolanda ·

WOW!!! Ongelooflik mooi
Soveel liefde tussen ‘n pa en seun – Sjoe!

JWC ·

Kan sommer die kultuur sien waaruit hulle stam! Opgevoed, verfynd… iets om op trots te wees! Uitstekend!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.