[Video] Arno Carstens oor Prince en Donald Trump

Arno-Carstens

Foto: Skermskoot uit die video

Arno Carstens het laas week by Maroela Media kom kuier om oor sy eerste Afrikaanse EP (oftewel mini-album), Die aand, te gesels. Die aand se oorsprong is van Die aandblom 13, die titel van sy Afrikaanse album wat later vanjaar uitgereik word.

Arno sê hy wou iets anders doen omdat hy reeds verskeie Engelse albums het. “Ek het altyd gedink ek gaan ʼn Afrikaanse album die lig laat sien as ek 50 of 60 is, maar verlede jaar het ek die geleentheid gekry om iets in Afrikaans te doen. Springbok Nude Girls se musiek is altyd bietjie swaarder, en my solo-musiek is altyd ʼn bietjie ligter; so, dit was tyd vir iets anders.”

Dié rocker het elke snit self geskryf en meen hy het ook hulp van vriende soos Hunter Kennedy gekry. “Hunter het dit gelees om te kyk of dit ‘koel’ is, en dit was verbasend in die kol – hy het toe baie min verander.” Arno sê hy het saam met ʼn goeie span gewerk en goeie ondersteuning gekry met die maak van dié mini-album.

Die inspirasie vir Die aandblom 13 kom van al die plekke waar Arno grootgeword het. “Ek het oor plekke soos Ceres, Worcester, Stellenbosch, die Karoo en Johannesburg geskryf. Dis anders om in Afrikaans te skryf. Ek het dus eers die woorde in poësieformaat geskryf, en toe die musiek bygevoeg.”

Arno het reeds die res van sy Afrikaanse album begin opneem, wat oor ʼn paar maande beskikbaar sal wees.

Kyk die video om te hoor wat Arno van die sanger, Prince, te sê het, en vir wie hy in die Amerikaanse verkiesing sou stem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Vince ·

Tipies kunstenaar wat leef in ‘n “fairy tale” wereld. Wanneer jy eendag wakker skrik uit jou “stardom” Arno, sal jy besef jy leef in ‘n ander wereld as Jan alleman. Soos meeste kunstenaars probeer julle die wereld red met Greenpeace en climate change en is so ver links in die politiek dat daar amper geen hoop via jullie is nie. Ek hoop Trump wen die verkiesing sodat al die ver linkses terug gerein kan word.

Rudi ·

Ek dink nou weer dit sal beter wees as Clinton wen en finaal die ver-linkse pseudoliberalisme diskrediteer. Trump kan sy party baie skade berokken, ek’s nie oortuig hy’s eerlik nie. Ek dink hy verstaan die gewone Amerikaner se frustrasies en gebruik dit in sy magspeletjie. Trouens nes Clinton. Trump self was voor die huidige verkiesing een van die Clintons se grootste borge. Hy’s ‘n tweegatjakkals.

doons ·

Arno,ek jou nog nooit hoor praat nie,maar na hierdie,(sal n mens dit n onderhoud noem) hoef ek nie eers meer na sy musiek te luister nie.

Reinhardt Grobbelaar ·

Al wat ek kan sê Arno,is,dat jy lewe in ‘n ander wêreld ou pel. Dankie tog dat ek nog nooit en sal ook nooit enigsins na jou musiek of hoe noem jy dit “art” luister nie. Dit wat ek graag vir jou wil sê kan ek nie op hierdie platvorm nie. Maar dit sou nie mooi wees nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.