Die Ghoema Afrikaanse-musiektoekennings is verlede week by die Pretoria Staatsteater gehou en van die grootste name in die Afrikaanse musiekbedryf is vereer.
Maroela Media het met Laurika Rauch gesels, wat onder andere vereer is vir haar lewenslange bydrae tot die Afrikaanse musiekbedryf, asook met Mynie Grové wat die Baanbreker-toekenning ontvang het.
Ons het ook met die Ghoema-wenners Steve Hofmeyr, Riana Nel en Bobby van Jaarsveld oor hulle toekennings gesels.
Vir ʼn volledige lys van wenners gaan loer gerus hier.