[Video] Boelie-liedjie steeds ʼn dawerende sukses

Charlie Leneham (links) en Leondre Devries

Charlie Leneham (links) en Leondre Devries

ʼn Liedjie wat ʼn 13-jarige geskryf het vir die boelies by sy skool, is reeds meer as 100 miljoen keer op YouTube gekyk.

Bars and Melody (Leondre Devries en Charlie Leneham) (ook bekend as BAM), het in 2014 aan die talentprogram, “Britain’s Got Talent”, deelgeneem. Die twee tieners, (in daardie stadium onderskeidelik 14 en 16 jaar oud), het na die finale ronde deurgedring en uiteindelik in die derde plek geëindig.

Hulle het tydens hul oudisieronde dadelik na die semi-finaal deurgedring nadat die hoofbeoordelaar, Simon Cowell, die goue gonser gedruk het. Die gehoor het reeds in die middel van die liedjie begin opstaan en die beoordelaars het ook al vier ʼn staande applous vir die twee seuns gegee.

Hul verhoogpersoonlikheid en lirieke het oornag van Bars and Melody ʼn sukses gemaak.

Die twee tieners het ná hul sukses op die televisieprogram ʼn plate-ooreenkoms met Syco Music aangegaan. Hul debuut, “Hopeful”, is op 25 Julie 2014 vrygestel en “Shining Star” het op 30 Julie 2014 gevolg.

Hul debuutalbum is op 21 Augustus 2015 vrygestel en was vierde op die trefferparade in die Verenigde Koninkryk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.