[Video] Carla help boere met ‘Wat maak ’n boer’ se iTunes-opbrengs

Carla-Oberholzer-Wat-maak-n-boer

Carla Oberholzer wil met haar jongste liedjie boere in nood help. Foto: Verskaf.

Hoewel Carla Oberholzer haar gereeld liedjieskrywer hou, het sy onlangs opslae as sanger in die musiekbedryf gemaak met die vrystelling van die liedjie “Wat maak ’n boer”. Met dié liedjie wil Carla nou graag boere in nood help deur alle geld van iTunes-verkope van die gelyknamige enkelsnit aan boere te skenk.

Carla is ook bekend vir liedjies soos “Jy los my alleen”, “Drome” en “Alles net oor jou”. Sy het ook al saam met kunstenaars soos Amor Vittone gewerk.

Die liedjie “Wat maak ’n boer” is oorspronklik geskryf vir almal, spesifiek boere, wat deur erge droogtes in die land geraak word. Carla, wat self van die Vrystaat kom, sê dit is ’n saak wat haar na aan die hart lê. “Die droogte is baie erger as wat baie mense dink. Diere sterf, die boere kry swaar, hulle mense kry swaar. Dit is net vreeslik. Ek het gevoel dat ek my deel moet doen, al is dit net ’n druppel in die emmer,” sê Carla.

Nie net wil sy die geld wat deur middel van die liedjie ingesamel word aan boere in nood skenk nie, maar ook sorg dat die liedjie hoop skep.

“Wat maak ’n boer” is reeds van 4 Desember op iTunes te koop. Indien jy wil bydra tot boere in nood, laai die liedjie hier af.

Kyk ook die video vir die liedjie “Wat maak ’n boer” as jy dit nog nie gesien het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.