Video: Carla Oberholzer skryf liedjie vir boere oor droogte


Carla-Oberholzer-Wat-maak-n-boer

Carla Oberholzer het haar jongste liedjie aan die boere opgedra. Foto: Verskaf.

Die musiekbedryf het vir die eerste keer kennis geneem van Carla Oberholzer nadat sy die liedjie “Drome” vir die country-groep, Heuning, geskryf het. Deesdae is sy hard besig om aan haar sangloopbaan te werk, terwyl sy treffers vir verskeie ander sangers skryf. Carla is iemand wat ook nie skroom om by liefdadigheidsprojekte betrokke te raak nie. Sy het vroeër aan ʼn Reik na ʼn Droom-projek deelgeneem. Nou het sy ʼn liedjie geskryf en opgeneem wat sy opdra aan boere wat gebuk gaan onder die droogte.

Esté Meyer Jansen het met Carla oor haar liedjies gesels en meer inligting gekry oor die liedjie “Wat maak ʼn boer”, wat sal help om geld in te samel vir boere.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Petro Pretorius Centurion ·

Hi Carla, hierdie liedjie sal aan elke boer se hart raak in die moeilike tyd waarin hulle hulle bevind. Is sommer baie trots op jou en dit is ‘n baaaaie mooi liedjie en jy het so baie talent om dit self te skryf en te sing. Kan nie wag vir die volgende liedjie nie, dit kan net beter gaan. Baie sterkte met jou sang loopbaan. Tannie Petro van Centurion.

Carla Oberholzer ·

Vreeslik Baie dankie! Ek Waardeer dit opreg uit my hart Tannie Petro! Geseënde Nagrus xxx

christelle cordier ·

carla….ekt nie woorde nie as n jong boer vroutjie,die song le my nou na aan die hart ….baie baie dankie vir so n mooi liedtjie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.