
Classics is groot (Foto: Facebook)
Nadat die gewilde Classics is groot-konsert die afgelope naweek ʼn ekstra konsert bygevoeg het om geld vir slagoffers van die Knysna-brande in te samel, het die bestuur van dié organisasie pas aangekondig dat die R1 miljoen-kerf verbygesteek is.
Die ekstra konsert is op 24 Junie om 12:00 gehou. Die gewilde Afrikaanse akteur Armand Aucamp het Dinsdag op sosiale media ʼn aankondiging gemaak oor die geld wat ingesamel is.
“Dis vir my ʼn geweldige groot eer om aan te kondig dat ons meer as ʼn miljoen rand ingesamel het – en dit is te danke aan julle. Van almal hier by Classics is groot – baie dankie,” het Aucamp gesê.
Die laaste Classics is groot-konsert, waarvan die kaartjies uitverkoop is, is Sondag gehou.
Kunstenaars soos Jannie Moolman, Corlea Botha, Joseph Clark, Amira, Touch of Class, Charl du Plessis en Monique Steyn was by die konsert te sien.
Die brande wat in Knysna en ander omliggende gebiede gewoed het, het grootskaalse skade aangerig en lewensverlies tot gevolg gehad. Die Classics is groot-fonds sal vir verskeie doeleindes aangewend word.
Kyk die video hier.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
9 Kommentare
Well done!!
Was een vd gelukkige 7000 wat die konsert bygewoon het. PUIK, PUIK, PUIK!
En verseker beter as Afrikaans is Groot!
knap gedaan!
Ek was een van die toeskouers en is vreeslik jammer om te se dit was nie Classic was groot nie maar Corlea was groot. Liewe aarde daar was beslis meer as een kunstenaar wat kon optree maar elke tweede verskyning was Corlea. Amreia wat die mooiste stem van alle tye het, het maar min verskyn. Nee wat vir die prys wat ek betaal het sien Classic is groot my nie sommer weer nie. Ek hoop Afrikaans is groot gaan haar so bietjie minder laat optree. Sy kan nie sing om haar naam te red nie, skree dit kan sy goed… Lees meer »
Bake dankie aan al die kunstenaars! Welgedaan. Vertoning was puik, maar bietjie bederf deur die geskreeu van sommige kunstenaars, Corlea ingesluit wat beslis nie nodig het om te skreeu nie. Joseph Clark was die voorskreeuer. Maar die orkes was ń groot sondebok wat dikwels onnodig te hard gespeel het, sodanig so dat dit die sangers dikwels oordonder het. Mens kan gehoorskade opdoen. Amira was asemrowend en meer van haar en minder van die geskreeu sou die aand net meer genotvol gemaak het. Gerhard.
Kruisig my maar, maar Riana jy is reg! Corlea het begin skree vandat sy by Rudi die Lieflinge weg is. Classic is Groot sien my nie weer!!