Video: Dié bekende treffers is vanjaar 20 jaar oud

‘n Skermgreep uit die YouTube-video. Dié treffer deur Vanessa Carlton is vanjaar 20 jaar oud.

Vir sommige mense klink “20 jaar gelede” sommer soos nou die dag, veral as jy in ag neem dat dit die jaar 2002 was.

Dit was ʼn groot jaar vir internasionale popmusiek en bekende kunstenaars soos Justin Timberlake, Britney Spears, Christina Aguilera en Pink! het getref met verskeie oorwurms.

Kan jy glo dat liedjies soos “Sk8er boi” en “Complicated” deur Avril Lavigne reeds vanjaar 20 jaar oud word? En voel dit nie ook vir jou asof “Underneath your clothes” deur Shakira en “All the things she said” deur T.A.T.U. ook slegs ʼn jaar of wat gelede herhaaldelik oor die radio gespeel het nie?

Liedjies soos “Escape” deur Enrique Iglesias, “Jenny from the block” deur Jennifer Lopez, “A thousand miles” deur Vanessa Carlton en “Lose yourself” deur Eminem is ook vanjaar 20 jaar oud.

Kyk hier na ʼn videosamestelling van internasionale treffers wat vanjaar twee dekades oud is:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.