Video: Die bekendstelling van ‘Die Grootste Afrikaanse Liedjie’-CD

Grootste Afrikaanse Liedjie Maroela MediaDie CD Die Grootste Afrikaanse Liedjie van Alle Tye is vandeesweek bekendgestel.

Die album, wat vervaardig is deur Universal Music, bevat 27 van die liedjies wat die publiek aangewys het as hul gunstelinge in Maroela Media se veldtog om die grootste Afrikaanse liedjies van alle tye te bepaal.

Daar is ook ʼn  splinternuwe verwerking van Koos du Plessis se immergroen treffer, “Kinders van die wind”, wat aangewys is as die wenliedjie tydens die veldtog. Maroela Media het tydens die bekendstelling wat by GrootFM gehou is, gesels met ʼn paar van die musikante wie se stemme te hoor is op dié nuwe weergawe. Maroela Media se uitvoerende hoof, Susan Lombaard, gesels ook oor die sukses van die veldtog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.