Video: Die Heuwels en Riana Nel span kragte saam

Riana Nel en Pi

Riana Nel en Pierre Greef in die musiekvideo vir ‘Doen net wat ons wil’. Foto: Skermskoot uit video.

Die Heuwels Fantasties het gister ʼn splinternuwe musiekvideo bekendgestel vir hul liedjie Doen net wat ons wil, wat saam met Riana Nel opgeneem is.

Volgens Pierre Greef, die hoofsanger van die groep,  gaan die liedjie  oor ʼn dialoog tussen ʼn man en vrou. “Ek glo die boodskap is wanneer mense nie saamstem oor sekere dinge nie, is dit beter om dit net te laat gaan, want as jy die volgende dag daaroor dink, besef jy jy het oor iets baklei wat nie regtig so baie saak maak nie.”

Doen net wat ons wil is beskikbaar op die Heuwels Fantasties se de luxe-uitgawe van die album, Ja.Nee.Lekker.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.