[Video] Dis weer 1950 in Charlize Berg se nuwe musiekvideo

Charlize Berg se nuwe musiekvideo beloof iets besonders vir haar gehoor. Foto: Charlize Berg Facebookblad.

Charlize Berg se nuwe musiekvideo beloof iets besonders vir haar gehoor. Foto: Charlize Berg Facebookblad.

Die Sama-benoemde Charlize Berg verras haar gehoor met ’n kleurvolle en unieke musiekvideo vir die enkelsnit “My hart myne”. Dié musiekvideo is by Hartbeespoort in Pretville verfilm.

Die pasgetroude akteur en sanger, Bouwer Bosch, en die televisie-persoonlikheid Bordeaux Augustyn maak komiese verskynings in dié musiekvideo. Die video speel af in die 1950’s en spog met ’n oorspronklike stel en rekwisiete. Die liedjie is deur Bouwer Bosch, Roux Cloete en Charlize geskryf.

“‘My hart myne’ is ’n liedjie met ʼn boodskap wat die luisteraar motiveer om ’n slegte situasie om te draai deur weer nuut te begin met ’n positiewe uitkyk op die lewe. Die lewe is soos jou eie storieboek en baie keer vergeet ’n mens dat ons enige tyd weer op ’n nuwe, skoon bladsy kan begin,” vertel Charlize van die musiekvideo.

Dié enkelsnit is een van die liedjies op Charlize se nuwe album wat vroeg in 2016 landwyd deur Universal Music uitgereik word. Aanhangers kan binnekort ’n tweede enkelsnit verwag en uitsien na ’n album vol saamsing-liedjies, danstreffers en ballades.

“Die album is geïnspireer deur liefde. Om jouself op te tel nadat jou hart gebreek is of om by ’n punt te kom in jou lewe waar liefde jou altyd sal inspireer om onvoorwaardelik jouself te kan wees,” sê Charlize.

Kyk die video hier:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Willem ·

Werklik die swakste musiek video wat ek in ‘n lang tyd gesien het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.