Video: Duis:lig

  • dis die helder kreet van ʼn nuwe generasie
  • dis liedjies vol lig wat duisternis wegblaas
  • dis ʼn Jesuskultuur op steroids…in Afrikaans
  • dis vars, beautiful, ryk en rou. 

‘n Nuwe geestelike golf het die Afrikaanse kerk getref en elke herlewing het ‘n klankbaan van sy eie. Elke generasie moet sy eie stem vind wanneer God die duisternis in hulle met sy helder lig kom nuutmaak. Duis:Lig is so ‘n klankbaan. Duis:Lig is daardie stem.

“ONS is die volk wat die verlossingsdade moet verkondig van HOM wat ons uit die DUISternis geroep het na sy wonderlike LIG.” (1 Petr 2:9). Voor GOD se gesig word DUISternis …LIG!

Die boodskap van Duis:Lig is dat net lig die donker kan verdryf. Dat God sy Lig in ons skyn terwyl ons worship en dat daardie Lig saam met ons die wêreld instap. Dat God ons voor sy troon verander…sodat ons die wêreld kan verander. Dis die songs van ‘n generasie wat sing terwyl hulle by die kerk se deure uitstap om sout en lig te gaan wees daar buite…waar dit nog donker is.

Oor die kunstenaars:
Hennie Maritz en Louis Brittz het sterk koffie gedrink en oor hierdie generasie en hulle liedjies gesels. Hulle kon voel hoe die Here iets nuuts kom skep – en die Duis:Lig droom is gebore. Hennie is ‘n gesoute jong worshipleier wat in die kerk grootgeword het. Sy pa is pastoor en sy broer Andy een van SA se beste jong drummers. Hennie skryf lankal liedjies en was vir vier jaar lank Mosaïek-gemeente se voltydse aanbiddingsleier. Deesdae is Hennie deel van sy pa se bedieningspan in Westdene en sy missie is om stadsmense buite die kerk in te trek tot voor God se troon.

Louis Brittz is een van ons bekendste worshipleiers, maar hy is lankal musiekvervaardiger en saam met sy span by Merchant Music soek hulle heeltyd na die nuwe stemme in Afrikaanse lof en aanbidding. Toe Louis vir Hennie ontdek het hy geweet: “Hierdie ou is die ware Jakob. ‘n selflose worshipleier, voorloper en profeet van Jesus se suiwer lig.”

Een oproep later en KrissTel was deel van die Duis:Lig-span. Hennie en Louis het al dikwels saam met haar worship gelei en kon aan niemand beter dink om jong dinamiese dames voor God se troon te verteenwoordig nie. KrissTel het al twee SAMA-nominasies agter haar naam met twee skitterende solo-albums. Sy het al saam met Louis en Retief Burger vir 3rd Day die verhoog geopen en groot skares by Mosaïek-gemeente en Moreletapark-gemeente in aanbidding gelei. Sy is ‘n nederige boervrou van Carolina wat haar lewe sal gee vir haar dorpie se jongmense, maar as sy haar stem oopmaak kom enorme klanke uit wat die berge laat dreun en die geesteswêreld skud. En kan sy liedjies skryf..! KrissTel is een van SA se heel bestes en haar hart behoort volledig aan die Here. Sy MOES op Duis:Lig wees.

Hennie en KrissTel het begin skryf en liedjies versamel met Louis wat oor hulle skouers loer en stuiwers in die armbeurs gooi. Gideon Botes is bygetrek om die produksieleier te wees en die Duis:Lig bal was aan die rol. Die klank het gou in iets vars ontwikkel met meer ‘layers’ as Shrek, roekelose energie en eerlike, rou aanbidding. Dit was van die eerste noot af verskriklik mooi en het net aanhou groei. Met die lewendige opname in Johannesburg was dit aangrypend gesalf en die gehoor het net een vraag gevra toe hulle uitstap: “Wanneer kan ons die liedjies kry – ons wil dit sing!”

Duis:Lig het 11 nuwe Afrikaanse lof en aanbiddingsliedere op. Elkeen met die hand uitgesoek, geweeg en waardig gevind. Hulle getuig van persoonlike duisternis wat voor God se troon in lig verander het, of smeek daarvoor in eerlike woorde. En hulle vra Hom om sy Lig deur ons te kom skyn tot in die donkerste hoeke van ons menswees. Dis Hennie, KrissTel en Louis se beste skryfwerk, uigevoer deur musikante van wêreldgehalte. Van Helder Lig se eerste note af mezmerize die lae van musiek en energie jou en dit suig jou in… presies soos ‘n goeie worshipalbum dit moet doen.

Twee Engelse liedjies het die finale liedjielys gehaal, omdat hulle die stem van die Duis:Lig generasie duidelik verteenwoordig. Here we stand van Newsboys en Weak man van Leeland kom op Duis:lig vir die eerste keer tot hulle reg vir die jong kerk in Suid-Afrika om hulle te kan dreunsing vir die Here. Dis GROOT liedjies vir jongmense met GROOT harte vir God.

Duis:Lig kom met ‘n DVD by om die hart van die album op ‘n lekker ligte manier oor te bring en ‘n paar musiekvideo’s tot beskikkng van die Duis:Liggers daar buite te stel. Die album het ‘n unieke, onmisbare ontwerp wat bydra tot die Merchant-stempel van kwaliteit op hierdie musiek. Daar is musiek vir alle worshipers op die album, maar veral mense wat in die aand kerk toe gaan met tekkies aan gaan elke liedjie indrink… en vir almal daarvan vertel.

Duis:Lig is hier. Vars, beautiful, ryk en rou.

Word ‘n bewonderaar van Duis:lig op Facebook.

Helder Lig is die eerste musiekvideo:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.