Video: DZL verwelkom sonskyn met video

hero1Sonskyn, sonbruin lywe en die liefde – dit is alles te sien in die musiekgroep DZL se splinternuwe musiekvideo vir “Ek laaik dit”. Dié liedjie is die derde enkelsnit in dié groep se debuutalbum met dieselfde titel.

Die musiekvideo maak ʼn mens sommer lus vir die somervakansie se ontspan langs die swembad. Die lekkerte van somer word uitgebeeld en die video se storielyn draai om die liefdeslirieke van die liedjie.

Wiaan Fourie, een van die DZL-duo, sê hul persoonlikhede kom deur in die musiekvideo en hulle wys dat hulle die lewe nie te ernstig opneem nie.

Sy sangmaat, Andries Hendrik Potgieter, vertel só: “Die liefde het mos kinkels, draaie en versoekinge, maar wanneer jy iemand werklik liefhet dan oorkom dit alles. Dit is juis wat ons met die video probeer uitbeeld en terselfdertyd ook bietjie humor inbring. Ons het natuurlik ook ’n verrassing of twee vir die kykers.”

Dié twee modelmanne is tans besig met die finale afronding van hul lewenstyl-en-gesondheidstydskrif wat vroeg volgende jaar bekendgestel word. Hulle is ook aktief betrokke by renosterbewaring in Suid-Afrika en staan bekend as “die renostermanne”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.