Video: Elizma Theron se boodskap aan ma’s op Moedersdag

Elizma Theron en haar man, Nico, en hul kinders, NJ en Eli-zé (Foto: Facebook)

Om ʼn ma te wees, is nie altyd maklik nie, sê die sangeres Elizma Theron, maar tog is dit steeds die mees belonende pad wat sy nóg gestap het. Daarom het dié sangeres pas ʼn Moedersdag-liedjie uitgereik wat spesiaal aan haar kroos opgedra word.

Die enkelsnit “Ek kies dit weer” en die musiekvideo vir dié liedjie is pas bekend gestel.

Theron vertel sy het dié liedjie – opgedra aan die jong Eli-zé en NJ – geskryf omdat sy ma-wees vir “niks in die wêreld sal verruil nie”.

“Om mamma te wees, is nie altyd maklik nie, en die verantwoordelikheid oorweldig my soms, veral omdat mens nooit weet of jy dit reg doen nie,” vertel sy. “Al wat ek kan doen is om op my knieë te bly en te bid vir leiding, geduld en genade om my kinders te help vorm in die mense wat hulle bestem is om te wees.”

Die liedjie vertel ʼn verhaal waarmee baie ma’s kan vereenselwig. “Deur al die lag, trane, speel, baklei en soms chaos, kies ek ma-wees elke dag weer. Ek verruil dit vir niks; die voorreg om hulle mamma te wees is my grootste seën. Hierdie liedjie is vir elke mamma.”

“Ek kies dit weer” is deel van Theron se jongste album, Hierdie hart brand liefde. Hou Maroela Media dop vir ʼn volledige ateljee-onderhoud oor dié album.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.