Video: Elme Churr wil boodskap van hoop stuur

Elme Churr

Elme Churr stuur ’n boodskap van hoop uit met haar splinternuwe enkelsnit “Jy’s Genoeg”.

“’n Opregte, opbouende lied wat vertel dat jy as mens genoeg is, met al jou foute en terugslae. Dit handel oor die alledaagse dinge in ’n mens se lewe, waar ’n mens soms voel dat jy op dryfsand loop en moed verloor. Maar waar genade, hoop, en liefde vir jouself en ander om jou is, gebeur daar wonderwerke,” het Churr gesê.

Uit die pen van Elme self, die groep ADAM se Hugo Ludik en bekende Vaughan Gardiner, is “Jy’s Genoeg” nie net nog ’n Afrikaanse snit met treffende lirieke en lekker ritme nie.

Hierdie folk-, pop-, countrysnit verklap ’n dieper boodskap van hoop en dankbaarheid van toepassing op elke luisteraar se persoonlike lewe en dat hulle “goed genoeg” is omdat hulle alreeds klaar soveel seëninge van God ontvang het en nie hulself hoef te regverdig volgens die maatstawwe van sosiale media, advertensieveldtogte of persoonlike opinies nie.

Volgens Elme het die inspirasie agter die liedjie aan die begin van die jaar na haar toe gekom. “Ek het regtig gevoel dat hierdie boodskap van “Jy’s Genoeg” by almal moet resoneer. Ons lewe met soveel self‑twyfel en worsteling van ‘doen ek genoeg?’, ‘Is ek genoeg’?,” het Churr gesê.

Churr is tans besig om aan haar nuwe album te werk waarop “Jy’s Genoeg!” ook gaan verskyn. Sy wou egter graag dié liedjie as enkelsnit vrygestel het omdat sy met groot opwinding nie meer kon wag om hierdie hoopvolle boodskap van “Jy is genoeg” aan die publiek oor te dra nie.

“Jy’s Genoeg!” se musiekvideo is in die Vrystaat verfilm en word vandag vir die eerste keer vrygestel. In die video word die liefde tussen ’n pa en dogter, presies soos die vergelyking met God se liefde en verhouding met ons, vasgevang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.