Video: Francois Van Coke en Karen Zoid se nuwe duet roer die hartsnare

'n Skermskoot uit die musiekvideo vir 'Toe vind ek jou'.

‘n Skermskoot uit die musiekvideo vir ‘Toe vind ek jou’.

Die video van Francois van Coke se enkelsnit “Toe vind ek jou”, ʼn duet saam met Karen Zoid, versprei soos ʼn veldbrand op sosiale media sedert dit Woensdag bekend gestel is en dit word reeds beskryf as “die mooiste ballade van die jaar”.

Die lied is deel van Francois se splinternuwe selfgetitelde solo-debuutalbum. “Hy slaan ʼn nuwe rigting in… op sý manier,” lui ʼn persverklaring. “Hy het genoeg geskree. Hy stel homself bloot op sekerlik een van die opwindendste vrystellings van 2015.”

Francois en Karen het vinnig en maklik beste vriende geword. Sy het hom geïnspireer om homself kwesbaar te maak met die liedjie. Die kyker sal dit voel, hoor en sien – die perfekte harmonie.

Die ander liedjies op dié album is ook nie so swaar soos sy ander groepe, Fokofpolisiekar of Van Coke Kartel, se klank nie. “Ek wou iets skep wat anders is en ek dink ek het dit reg gekry,” het Francois gesê.

Sy bekendstellingstoer skop vandag in Kaapstad af met ʼn gratis optrede om 20:00 by SGT Pepper in Langstraat.

Die album is beskikbaar op iTunes. Vir meer inligting besoek Francois van Coke se Facebook-blad of webtuiste.

Die toerdatums is hier beskikbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Irma Steyn ·

Uitstekend!!! Die man gee my hoendervleis wanneer hy sing!

Jaco Grobler ·

Watter talent van altwee! Beslis een van die bestes van 2015!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.