Video: Francois van Coke gesels oor die sukses van ‘Toe vind ek jou’

Francois-van-Coke-solo

Francois van Coke gesels met Maroela Media oor die sukses van sy eerste solo-album. Foto: Verskaf.

Toe die eerste musiekvideo vir sy nuwe selfgetitelde album vroeg in April bekendgestel is, is dit binne die eerste 48 uur 90 000 keer op YouTube gekyk. Dié video vir Toe vind ek jou van Francois van Coke en Karen Zoid is tot op hede meer as 400 000 keer gekyk.

Francois se album het ook lank eerste plek ingeneem op SA iTunes.

Maroela Media het tydens die albumbekendstelling by die Atterbury Teater met Francois gesels om vas te stel waar die inspirasie vir Toe vind ek jou vandaan kom en hoe hy voel oor die goeie ontvangs van die album.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Christo Keet ·

Ek het gekyk na Francois van Coke se video en weereens besef daar is n geweldige problem by ons Afrikaanse sangers wat hulle taalgebruik betref. Kan hulle nie a.u.b. n suiwer Afrikaans gebruik nie . Daar word baie gewag gemaak omdat ons taal 90 jaar oud (of jonk) is maar dan is ons kunstenaars hard besig om Afrikaans te vermoor Julle maak n lewe daaruit hou dit a.u.b. suiwer

Willem la Grange ·

luister eerder na wat hy se en nie na hoe hy dit se nie. wil jy he hy moet ‘ek deuntjies i.p.v. itunes se?

Johan ·

Vreemd dat hy so sing, F-Polisiekar ( en Van Coke) se taal was altyd baie goed en het jongmense nogal terug geruk na Afrikaans in n tyd wat ons dit baie nodig gehad het….Dankie Francois en makkers julle is ons Elvis!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.