Video: Ghoema-toekenning vir Retief Burger

Retief Burger se album, Luidkeels Dieper, wat einde Oktober 2012 deur Merchant Musiek vrygestel is, het Sondag ‘n Ghoema-toekenning vir die Beste Geestelike Album ingepalm.

Die album was ook genomineer in die Album van die jaar-kategorie.

“Dankie vir die wonderlike voorreg om deel te kan wees van hierdie geleentheid! Dit is vir my ‘n groot eer om ‘n Ghoema te ontvang en ek eer die Here daarvoor! Hierdie is ‘n offer aan die Here omdat Hy die hele pad saam gestap het. Dankie aan die Ghoema trust en al die wonderlike organiseerders!” het Retief gesê.

Die Luidkeels Dieper-album bestaan uit 13 snitte wat lewendig opgeneem was tydens die Luidkeels Dieper-konferensie wat gedurende September 2012 in die Atterbury Teater gehou is. Aanbiddingsleiers van regoor Suid-Afrika het dit bygewoon en dit was ‘n wonderlike ervaring vir almal wat betrokke was. Gaskunstenaars wat ook op die album te hoor is, sluit in Stass (Onbeskaamd), Riana Nel, Mervis, Rick Moser & Leza Liversage. Luidkeels Dieper is Retief Burger se vierde album. Sy vorige drie albums is Luidkeels, Luidkeels Hersien & Luidkeels Oorgegee, wat almal goud en/of platinum status bereik het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Malie Mouton ·

Retief en span,

Ek kan nie begin om vir julle te beskryf hoe trots ek op julle is en hoe bly ek saam met julle is (almal wat hard gewerk het aan hierdie album vir die Here), dat julle die toekenning gekry het vir die beste geestelike album en dat hierdie album ook genomineer is in die album van die jaar katagorie. Dis great en ek weet dit het die toekenning gekry, want dit is die Here self wat die toekennings gee asook Sy hart en mening daar oor.

Nogmals baie baie geluk! Super trots op julle almal & as dit is hoe ek voel, wil ek myself nie eens probeer indink hoe die Here moet voel nie!

Dankie ve almal wat betrokke was (elkeen op sy eie unike manier wat die Here op julle harte gedruk het om te wees) vir al julle harde werk om die Here te prys. Ek prys die Here vir hierdie album en vir julle gehoorsaamheid dat julle Hom toelaat om so hard deur julle te werk.

Mag die Here julle oor nog meer en groter dinge aanstel!

Malie Mouton

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.