[Video] Ghoema-wenners praat oor hul toekennings

Franja du Plessis en Willie Engelbrecht (Foto: Cyril Blackburn/Maroela Media)

Die Ghoema-musiekpryse is Sondag tydens  ʼn glansgeleentheid by Emperors Palace in Kempton Park uitgedeel.

Dié toekennings, wat vanjaar vir die sesde keer uitgedeel is, vereer die beste Suid-Afrikaanse musiektalent vir hul jongste werk.

Vanjaar het die Afrikaanse sanger Refentse behoorlik koning gekraai nadat hy met niks minder nie as vier toekennings huis toe is. Franja du Plessis, Joshua na die Reën en Snotkop het elk twee beeldjies gekry.

Maroela Media het op kykNET se blou tapyt gekuier en Ghoema-wenners onder meer gevra om oor die betekenis van dié woord te praat en ook wat hul eerste gedagte was toe hulle as wenners aangewys is.

Sien ook die volledige lys wenners.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Sonja Coetzee ·

EK’S BAIE BLY VIR ALMAL SE PART WAT WEL GEWEN HET…..DAAR IS BAIE GOEIE AFRIKAANSE KUNSTENAARS WAT OOK TALENT HET.FRANJA DU PLESSIS IS REGTIG PRAGTIG NET JAMMER MENS HOOR NOOIT VAN HULLE WAT TOEKENNINGS WEN NIE.

Trots ·

Julle kon maar gerus ook melding gemaak het van Jennifer Zamudio wat self ook 2 ingepalm het…Beste Country Album EN Publiek se Gunsteling Vroulike Kunstenaar (nogal iets om te noem).

Rindi Maritz ·

Ek stem saam met “Trots” – Jennifer Zamudio het ook TWEE toekennings ontvang – Beste Country Album EN Die Publiek se Gunsteling Vroulike Kunstenaar!!!!

Liza ·

Ek gaan seker nou gestenig word maar dit is vreeslik dat ons mense nie meer suiwer afrikaans praat nie. Ek wou skree! Dit is nie ‘n “Award” nie dit is ‘n freaking “Toekenning” Regtig!

Trots ·

Stem saam Toekenning! Asseblief…Suiwer taal IS Deel van trots wees op jouself. Dankie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.