Video: In verwondering

4 liedjieskrywers – 3 dae – 12 liedjies – 1 kans

Is daar meer in die Karoo as ʼn mooi sterrehemel en ʼn unieke landskap?
Is daar ʼn openbaring van God se glorie, so groot dat dit Christen-liedjieskrywers tot nuwe musiek sou inspireer?

In Februarie 2012 het vier liedjieskrywers die onbekende ingestap. Hulle moes ‘n hele album se musiek in drie dae skryf. Hulle moes vars inspirasie kry. Die Karoo se sterre, vlaktes en mense het hulle geroep.

IN VERWONDERING is hulle storie – in HD DVD vasgevang.

Volg Louis Brittz, Retief Burger, Neil Buchner en Helmut Meijer se spoor deur Sutherland se strate en sien hoe die sterrehemel, landskappe en mense van die Karoo, hulle betower. Sien hoe hulle die kleure en klanke van die Karoo vasvang en teen ʼn behoorlike tempo nuwe liedjies skryf en opneem. Staan saam met hulle in verwondering oor ʼn groot Skepper wat sterre uitasem en steeds skep.

IN VERWONDERING is die musiek wat oor die verloop van drie dae deur Louis, Retief, Neil en Helmut geskryf is en deur hulle opgeneem is. Wat jy ook al verwag, wat jy gaan hoor is iets heeltemal anders. Ryk lirieke en heerlike melodieë wat eenvoudig nie alles in drie dae gebore kon wees nie – maar dit is. Goddelike inspirasie en Sy hand is in elke frase te hoor wat meesterlik uitgevoer word deur van ons land se mees begaafde Christen kunstenaars.

In verwondering is landswyd in CD- en DVD-formaat in musiekwinkels beskikbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.