Video: Jennifer Zamudio vertel oor splinternuwe album


Jennifer Zamudio (Foto: Maroela Media)

Jennifer Zamudio (Foto: Maroela Media)

Die sangeres Jennifer Zamudio, het pas haar elfde en jongste album, Ongelooflik, vrygestel en vertel dié album se internasionale invloed gaan dit ʼn gunsteling onder aanhangers maak.

Jennifer sê sy kan met dié album ook eg bly aan haar musiek. “Wanneer jy jou loopbaan begin, doen jy bietjie van alles. Ek dink ek het in 2011 my sit gekry met die genre waarin ek nou sing. Ek is baie tevrede met die album en glo dit gaan baie goed doen,” vertel sy.

Maroela Media het vroeër berig die sangeres is ʼn finalis in die internasionale videokompetisie, SuperXstar. Sy het intussen ander plaaslike sangers uitgestof en gaan in Oktober aan die finale ronde deelneem.

“Ek het ʼn tyd gelede ʼn e-pos van die uitvoerende hoof van SuperXstar gekry wat gesê het die musiekvideo van “Sê dit harder” kwalifiseer vir die kompetisie. Ek het toe bloot besluit ek het niks om te verloor nie en ingeskryf,” sê sy.

“Ek het die weeklikse en die maandelikse ronde gewen, wat beteken ek gaan einde Oktober Nashville toe om Afrikaans oorsee te teenwoordig.”

Die album het verskeie internasionale invloede. “Ek het baie oorsese mense, onder meer van Londen, wat by die album en musiek betrokke was. Dit het my toekomsvisie ten opsigte van my musiek so bietjie verander.”

Aanhangers hoef egter nie bekommerd te wees nie, want die musiek op Ongelooflik is steeds “eg Jennifer”. “My musiek is steeds die oorspronklike ek. Ek sal nooit so ʼn drastiese draai in my musiek maak dat die mense wat my nog al die jare ondersteun, skrik nie. Maar dit is soms nodig om jou aanslag te verander.”

Die eerste musiekvideo van die album, vir die titelsnit “Ongelooflik”, is ook reeds vrygestel. Nog musiekvideo’s en enkelsnitte volg binnekort.

Vir meer inligting oor optredes, besoek haar Facebook-blad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Elene Schoeman ·

Baie geluk aan Jennifer met hierdie ongelooflike cd. Hou ons asb op hoogte van haar loopbaan en cd’s.

Michael Harvey ·

Jennifer Zamudio. Jy is Stunning verby jou musiek is Fantsties, raak my hart, jou persoonlikheid is WHOW!! JOU STEM!! IS DIE BESTE.!! JY DIE BESTE!! EK GLO EN EK BID DAT ALS OP JOU PAD VORENTOE MET SUKSES SAL AANPAK, STERKTE JENNIFER ZAMUDIO EN BAIE GELUK. JOU VRIENDE/FANS STAAN AGTER JOU! SJOE DAAI WOORDE HET MY OE LAAT HUIL EN DAAI NUWE LIEDJIE SJOE HET MY HART GERAAK!! BAIE DANKIE JENNIFER ZAMUDIO JY IS ONS ALS EN JY MOET WEET ONS LIEF JOU BAIE!! DANKIE!! MICHAEL HARVEY!!

Tania Laubscher ·

Dit was nou sommer ‘n lekker onderhoud met Jennifer! Baie dankie vir die blootstelling. Sy is ‘n fantastiese kunstenaar en verdien absoluut om meer gehoor te word. Dankie vir julle aandeel!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.