Video: Jong musikantjie terug met ‘konsertina-kaskenades’

kosie-beukes.jpgKosie Beukes, die skattige jong musikant wat aanhangers landwyd aangryp met sy passievolle konsertinaspel, is terug met nog ʼn musiekvideo met die titel Konsertina Kaskenades Keurspel.

Dié 10-jarige van Boksburg, wat 14 instrumente kan bespeel, se splinternuwe keurspel bestaan uit twee van sy eie komposisies, “Wals vir Marizaan” en “Kosie se Vastrap”, sowel as Kosie se weergawe van “Blue Eyes Crying in the Rain”.

Sy musiekvideo’s vir “The Lion Sleeps Tonight” en “Die Oorwinningslied” is altesaam al meer as 75 000 keer op YouTube gekyk.

Kosie het ʼn groot liefde en talent vir musiek en het vroeër aan Maroela Media vertel hy het op vierjarige ouderdom vir die eerste keer ʼn instrument in sy hande gehou.

“Ek kan konsertina, kitaar, baskitaar, Hawaiiese kitaar, trekklavier, klavier, orrel, mondfluitjie, klawerbord, tromme, vrot-orrel, boere-konsertina, mandolien en die banjo bespeel.”

Kosie is nie op sy mond geval nie en sê niemand het hom geleer nie – hy het sommer homself geleer. “Dis maar net ʼn talent wat die Here vir my gegee het sodat ek myself kan leer.” Dié agtjarige sê hy speel wanneer hy ʼn geleentheid kry, maar veral by die Boeremusiekgilde en op feeste. Kosie se gunsteling-genre is boeremusiek, gospel en country.

Willie Mynhardt, nasionale voorsitter van die Boeremusiekgilde, sê hy ken Kosie goed. “Hy bespeel al van ʼn baie jong ouderdom af die konsertina. As daar ʼn jonger konsertinaspeler in Suid-Afrika is, weet ons nie van hom nie.”

Kosie se album, Konsertina Kaskenades, is by alle groot musiekhandelaars beskikbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Vastrap ·

Kosie voorspoed!, mag daar sommer nog BAIE cd’s op jou pad vorentoe wees. Balketoeeeeeeee!

jacques ·

Kan ek die oukie se Cd by julle koop
my naam is jacques vorster
liefde
jacques
xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx
mooi bly
mooi aand vir julle ook?
hoe veel kos die Cd

Brie-brie ·

Baie mooi, dit maak ‘n hart sommer bly om dit te hoor en dat tradisies so voort kan gaan. Alle voorspoed vir kosie en sy loopbaan, sal hom moet fyn dop hou….gaan hoogtes beryk.
Sterkte
Balke toe

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.