Video: Jong Pta-seun het internet gaande

Stefan Bezuidenhout (Foto: Verskaf)

’n Jong sanger van Centurion in Gauteng het die internet gaande met ’n video wat hy op Facebook gelaai het.

Stefan Bezuidenhout (11), ’n gr. 6-leerder aan die Laerskool Wierdapark, se sangloopbaan het die afgelope twee jaar baie vlamgevat. Nadat hy ’n sangkompetisie gewen het toe hy net nege jaar oud was, sing hy nou saam met bekendes soos Bobby van Jaarsveld, Leah, Willem Botha en Karlien van Jaarsveld.

Hy het verlede jaar ’n video op Facebook gelaai waar hy Shawn Mendez se liedjie “Mercy” op ’n klawerbord speel en sing. Dié video is al meer as 1 miljoen keer gekyk en meer as 7 000 keer op Facebook gedeel.

Stefan Bezuidenhout (Foto: Verskaf)

“Ons het glad nie gedink die video gaan soveel aftrek kry nie. Ek het die video sommer met my selfoon een aand by die huis geneem,” het Dewald Bezuidenhout, Stefan se pa, aan Maroela Media gesê.

“En dit was interessant om te sien dat die meeste trefkykbeurte van oorsee af kom!”

Bezuidenhout het gesê dié liedjie is een van Stefan se gunstelinge. “Stefan hou baie van Ed Sheeran, Justin Bieber en dan natuurlik Shawn Mendez. Hy sing hulle liedjies heeltyd. ‘Mercy’ is tans sy gunstelingliedjie.”

Stefan werk ook aan sy eie oorspronklike Afrikaanse liedjie. Hy tree vanjaar by Classics is Groot op, en beoog om ’n CD vry te stel met liedjies wat hy saam met Karlien van Jaarsveld en Amira sing.

Buiten sy musiekloopbaan is Stefan duxleerder by sy skool, redenaarskampioen én wiskunde-olimpiadewenner.

Bezuidenhout sê hulle hoop Stefan sal die volgende Ed Sheeran of Bobby van Jaarsveld wees.

 

One of my favourite songs????????

Posted by Stefan Benz on Monday, October 16, 2017

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Tilana Bezuidenhout ·

Go Stevie! Baie trots op jou! Wens jou alle sukses toe! XXX

Maryna ·

Baie geluk Stefan ek is ongelooflik trots op jou! Jy woeker regtig met die baie talente wat die Here jou gegee het!

Maryna ·

Baie geluk Stefan ek is ongelooflik trots op jou, jy woeker regtig met die talente wat die Here jou gegee het! Sterkte vir die toekoms! Baie liefde!

Yvonne ·

Wat n talentvolle jong seun. Gebruik jou talente ten goede en bly altyd nederig. Net die beste vir die toekoms, wie weet waar jou paadjie gaan lei.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.