In sy trefferlied “In die Bosveld” saam met sy sangersvriend Neil Somers, sing die rasperstemsanger Juan Boucher oor sy liefde vir die Bosveld.
Dit is dus geen verrassing dat hy en sy vrou, Shamodene, gekies het om hulle bruilof op 24 Maart vanjaar in die Bosveld op Modimolle (Nylstroom) te vier nie.
Juan het op hul troudag die liedjie “Trou” vir Shamodene gesing. Dié liedjie verskyn net soos “In die Bosveld” op sy jongste album Gewigloos.
Die musiekvideo vir “Trou” is pas bekendgestel en is as’t ware ʼn terugblik op Juan en Shamodene se groot dag. Die video is geskiet en vervaardig deur Quintin Jansen van Rensburg (ook bekend as Q-Man) van Quin Media.
Die paartjie het by die Kuthaba Bush Lodge trou aan mekaar beloof. Toe hulle gevra is wat hulle beloftes aan mekaar was op hulle spesiale dag, het Juan geantwoord: “Vandag trou ek met jou vir altyd, jy is my fondasie en waarna my hart strewe.”
Shamodene het op haar beurt gesê: “My man, ek sal jou vir altyd lief hê en jy bestaan in my net soos jy bestaan in my toekoms.”
Gewigloos is op alle digitale platforms beskikbaar.
Kyk hier na die musiekvideo vir “Trou”: