‘n Groep talentvolle kindermusikante van Kaapstad se armste gemeenskappe vlieg eersdaags Swede toe.
Die sewe musikante gaan optree by die jaarlikse Wêreldkinderprys. Die toekennings bekroon jongmense wat hulle beywer vir die bevordering van menseregte en demokrasie. Die kinders het al vir die Sweedse koningin opgetree, maar hulle kan nie wag vir hul nuutste avontuur nie.