Wanneer musiek ter sprake is, verdwyn alle grense en word taal en kultuur blote bykomstighede. ʼn Video van die Vancouver-jeugkoor in Kanada wat die geestelike liedjie “Wildsbok” tydens ʼn optrede sing, roer behoorlik die hartsnare.
Dié jeugkoor, wat gestig is deur Dick en Diane Loomer, bestaan uit lede tussen die ouderdomme van 15 en 24 en hulle onderneem gereeld toere.
Die koor tree op onder leiding van die artistieke direkteur, Carrie Tennant, en die liedjie is verwerk deur Renette Bouwer.
Tennant sê die doel van die Vancouver-jeugkoor is veel meer as om kinders en jong mense die geleentheid te gee om te sing. “Benewens die musiekvaardighede wat jong mense aanleer is dit ons oogmerk om hulle ook te leer oor die waarde van terugploeg in die gemeenskap,” het sy gesê.
Die koor het op 5 April saam met die Universiteit van Pretoria se jeugkoor opgetree.
Besoek die koor se webwerf of sluit aan by hul YouTube-kanaal.
Sjoe, dis mooi. Opmerklik hoeveel chinese in die koor sing.
Hoekom is dit opmerklik? Weet jy wat die demografie is in Kanada? As die hele wêreld maar net so was.
Hoendervleisoomblik!!
Absoluut fantsties. Nou sommer hoendervleis van die pragtige sang met onse mooie Afrikaanse taal. Dankie vir die deel. Hulle kan met reg trots voel en baie dankie dat hulle dit so mooi in onse Afrikaanse taal opgevoer het.
Knop in die keel! Daar word ver hiervandaan in die verworpenes se taal gesing.
Aangrypend.
Bollie
Afrikaans het siel, toe ek hierna geluister het het ek net weereens besef hoe kosbaar Afrikaans vir my is. Afrikaans roep daar buite.
Slegs ‘n klip sal nie geroer word nie.