Video: Karen Zoid en Tannie Evita sing hulle wense vir Zuma se staatsrede

Commityourselfie

Tannie Evita Bezuidenhout se #commityourselfie veldtog het nou ‘n musiekvideo. Foto: Verskaf.

Karen Zoid, Hemelbesem en Zolani Mahola van die groep, Freshly Ground, het kragte saam met Tannie Evita Bezuidenhout gespan en ʼn musiekvideo vir Donderdag se staatsrede vrygestel.

In die liedjie, Song for tomorrow, stel dié groep bekendes die kwessies wat Suid-Afrikaners wil hê aangespreek moet word tydens vanjaar se staatsrede.

Die musiekvideo vorm deel van Tannie Evita en die satirikus, Pieter Dirk-Uys, se #commityourselfie-veldtog wat in Januarie van stapel gestuur is. Hulle het tydens die veldtog standpunt ingeneem teenoor oor korrupsie en pessimisme in die land.

Tannie Evita het Suid-Afrikaners ook aangemoedig om ʼn selfie te neem waar hulle president Zuma en die regering vra om gesteelde geld terug te betaal en aan te wend vir die opbou van die land. Die foto’s is ook deel van die musiekvideo.

Hier is die musiekvideo:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Jaco Steyn ·

Moet ons saamhuil en saamkerm met hierdie “bleeding heart liberals” of behoort ons vir hulle te lag??

Leandra ·

Ek glo van harte dat dit ‘n impak op alle Suid-Afrikaners sal he wat korrupsie aanspreek. Ek is bly om te sien iemand doen iets om korrupsie aan te spreek, dit is ons verantwoordelikheid as burgers van hierdie land om Tannie Evita se hand te vat en haar mening te ondersteun, want dit is immers ‘n 100% korrek! Dankie vir julle harde werk om Suid-Afrika ‘n beter land te maak.

Elize ·

Ek is dankbaar vir die wat probeer om n impak te maak, ons ALMAL is hier vir n rede. Kom ons almal hou op veg en hunker saam na n oplossing. Ek het definitief nie geld om skipskop te wees my goedjies op my kop te sit en trek nie. Ons moet liewer almal saam begin bid, en nie meer net wil saam veg nie.

Jaco Steyn ·

Dis juis van te veel bid en te min saamstaan ten einde doeltreffende weerstand te bied, dat ons in hierdie netelige situasie beland het!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.