Video: Koor boots ʼn reënstorm na

Perpetuum Jazzile is ʼn koor van Slowenië wat jazz en populêre musiek opvoer.

Die koor is in 1983 onder die naam “Gaudeamus Kamerkoor” deur Marko Tiran tot stand gebring. Tomaž Kozlevčar, bekroonde musiekregisseur, komponis en sanger, het egter in 2001 die kunsregie by Tiran oorgeneem.

“Die verhoor is ons skilderdoek, ons verf met ons stemme, ons verkleur en kombineer dit tot ʼn meesterstuk. Gelukkige gesigte spoor ons aan en verseker ons dat dít wat ons doen, ons met ons hele hart en toewyding doen,” lui die verklaring op hul webwerf.

Die koor maak, slegs met hul hande en vingers, in dié merkwaardige video, ʼn reënstorm na.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.