Die splinternuwe Afrikaanse kinder-DVD, Kizzoo: My nuwe wêreld, poog om kinders te leer deur hulle te vermaak met pittige sêgoed en opgewekte musiek.
Die karakter Kizzoo is ʼn ruimtekuiken wat sy huis op Mars verlaat het om aarde toe te kom om meer van dié planeet en sy mense te leer.
Wanneer Kizzoo musiek hoor, begin sy bene vanself beweeg.
Dié opvoedkundige DVD, gemik op jong kinders, bevat 17 opgewekte liedjies.
Kizzoo: My nuwe wêreld is propvol humor en pret, opgewekte musiek en ritmiese
danspassies, terwyl interessante karakters vermaak verskaf vir die kleinspan.
Die DVD takel onder meer onderwerpe soos die aanleer van die alfabet, padveiligheid, seisoene en higiëne.
Dié karakter is mettertyd landwyd te sien by winkelsentrums, skole, op feeste en in verhoogproduksies.
Die DVD is tans beskikbaar by Musica. Vir meer inligting oor optredes, besoek Kizzoo se Facebook-blad.