[Video] Liedjie vir Joost raak talle harte

joost

Foto: ‘n Skermskoot uit die video.

ʼn Hartroerende liedjie getiteld “Mr. No 9” wat aan Joost van der Westhuizen opgedra is, raak talle harte en word wyd versprei op sosiale media.

Dié liedjie is deur Sumari Botha (19), dogter van Joost van der Westhuizen se niggie, geskryf en is reeds 56 300 keer op YouTube gekyk.

Sumari, ook bekend as Sumi, het die liedjie al in 2012 vir Joost geskryf, maar het eers in 2014 die geleentheid gekry om dit vir Joost te sing toe hy vir Sumi en haar ouers uit Australië laat kom het om die musiekvideo te laat opneem.

Die video wys hoe Joost saam met sy kinders in ʼn swembad speel en ook foto’s van ʼn jonger en gesonder Joost. Sumi sal haar liedjie tydens Joost se gedenkdiens Vrydag uitvoer.

“Vir die wêreld was jy ʼn rugbylegende. Vir my was jy die man wat my leer krieket speel het, vir my, my eerste vloekwoorde geleer het en die enigste een wat op al die waterglybane in Sun City saam met my gery het. Jy was altyd die sonskyn in ons familie. Jy het altyd geglimlag toe ons nie meer kon nie. Jy het jou Spel van Glorie tot die einde gespeel. RIP Oom Joost,” só skryf Sumi op haar Facebook-blad.

Kyk na die video hier onder:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Crystelle Ackermann ·

Dit is hoendervleis mooi. Hoe maklik kan dit nie een van ons se laaste dag op aarde wees nie. In elke onderhoud, voor of na sy siekte, by elke funksie wat hy teenwoordig moes wees en op elke foto van Joost kan jy sien dat hy sy lewe vol uit geniet het en dat daar vrede in sy hart is. Hy het verseker in sy laaste game soveel mense se harte aan geraak en ek dink hy was so gereed om ons Koning te ontmoet. Baie seën en vrede vir elkeen van sy geliefdes. Dit is verseker nie ‘n maklike pad nie.

Liezille ·

Ag jinne Sumi! Ons almal se harte is sooo seer, dankie dankie dankie! Dis amazing! Ek is seker Oom Joost het dit gelove! Nou huil ek soos n babatjie!

gouwsie ·

Joost jy was n ware ambassedeur vir ons land,dankie vir wat jy was. Deur jou siekte was daar altyd n vriendelik gesig. Het ook aan dieselfde hoerskool as jy skool gegaan en jy het baie vir die skool beteken en Odies se naam hoog gehou.Rus in vrede,gaan jou mis.Sterkte aan jou gesin en familie.

Elize ·

Sjoe dit is pragtig, ek is seker dat Joost afkyk en glimlag want sy laaste paar jare in die pylvlak het hy soveel mense geinspireer deur sy dankbaarheid en blymoedigheid ten spyte van sy siekte.

Ons kan soveel daaruit leer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.